Maand: Januarie 2020

Die ANC openbaar sy onwettige verskuilde politieke agenda met onteiening van eiendom sonder vergoeding.

Media Verklaring Afrikaner Selfbeskikking Party, Pretoria, 22 Januarie 2020

Onderwerp: Die ANC versnel die skepping van ‘n kommunistiese rewolusionêre klimaat in Suid-Afrika Eers het die ANC president en huidige president van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa tydens sy sogenaamde “Versoeningsdag”-toespraak op 16 Desember 2019 valslik beweer dat die Voortrekkers van 1838 “invallers” in Zoeloe-grongebied was en dat die Zoeloe-krygers wat hulle op 16 Desember 1838 by
Lees die artikel verder…

'n foto van 'n persoon wat met 'n belasting verklaring en sakrekenaar sit, gereed om belasting berekeninge te doen

Gefaalde Staat

Die belasting betalers moet nou gestraf word vir die onbevoegheid van die hele ANC regering van 1994 tot vandag.Die ANC kaders het nog nooit ‘n idee gehad hoe om ‘n moderne land met ‘n moderne ekonomie te beheer en te regeer nie.

In 'n onderhoud verduidelik Richard Quest hoe Suid Afrika se hele ekonomie gekaap is en wat die buitewêreld werklik hiervan dink.

“Julle hele ekonomie was gekaap! Hoeveel mense dien vonisse uit?” -Richard Quest

Die Suid Afrikaanse regering sit met hulle vinger in hulle ore want hulle geloofwaardigheid bestaan net nie meer nie. Ramaphosa as President het geen geloofwaardigheid meer nie want sy oggend en aand praatjies stem glad nie meer ooreen nie. Dit is tipies vakbond taktiek kom met ‘n klomp verskuilde agendas na die onderhandelings tafel en
Lees die artikel verder…

Die ANC openbaar sy onwettige verskuilde politieke agenda met onteiening van eiendom sonder vergoeding.

Mediaverklaring Afrikaner Selfbeskikking Party Pretoria 27 Januarie 2020

Die skokkende onthulling is in die afgelope naweek in die media gemaak dat die ANC bloot ʼn skyn-wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding vir openbare kommentaar gepubliseer het. Die media het openbaar dat Dr Mathole Motshekga van die ANC erken het dat die ANC hierdie skyn-wetsontwerp gepubliseer het sodat dit nie te veel teenkanting veroorsaak voordat die ware wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word nie.