Die welbekende nasionalistiese party, FRONT NASIONAAL (Suid-Afrika) het Vrydagnag 10 Januarie 2020 op ʼn buitengewone Nasionale Kongres besluit om sy naam te verander na AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY.
Die party blameer die Vryheidsfront Plus vir hul versuim om vir die afgelope 25 jaar enigsins vordering te maak met hul 1994-verkiesingsbelofte van selfbeskikking vir die Afrikanervolk en ʼn eie volkstaat, en die VF Plus se versuim om effektiewe maatreëls te tref teen die toenemende onderdrukking van Afrikaners en ander ligvellige mense in Suid-Afrika deur die kommunistiese ANC regering gedurende daardie tydperk.
Dit is laas Vrydag besluit om die naam “Afrikaner Selfbeskikking Party” te aanvaar om daarmee ondubbelsinnig aan die publiek die party se onherroeplike verbintenis tot die verkryging van Afrikaner selfbeskikking , insluitend ʼn eie volkstaat, te kenne te gee.
Die party sal ferm die verkryging van Afrikaner selfbeskikking najaag en in daardie proses die regerende party se kommunistiese agenda, wat onder andere die onteiening van bates sonder vergoeding behels, kragtig teenstaan.
Uitgereik deur Adv, Jurg Prinsloo SC.
Leier, ASP.
Pretoria,
12 Januarie 2020.
Kontaknommer: 082 414 2687