Adv Jurg Prinsloo SC

Adv. Jurg Prinsloo SC

Geboorteplek: Vanderbijlpark

Geboortedatum: 17 Junie 1952

Kerkverband: Nederduits Hervormde Kerk

Huweliksverband: Getroud met Sandra Leigh Prinsloo (neè Ackerman)

Skole bygewoon: Laerskool Vaalrivier, Deutsche Schule Vanderbijlpark, Hoërskool Transvalia (Matrikuleer in 1969 met onderskeiding in Duits en ontvang Hoërskool Transvalia se “hoogste eretoekennig vir natuurlike leierskap op verskeie terreine”)

Militêre diensplig: 1970 – Tweede Luitenant, 10 Lugafweer Regiment,Youngsfield, K.P

Tersiêre opleiding: 1971-1975 PU vir CHO (voltyds). Behaal die B.Juris en LLB-grade

                                   1973/4 Voorsitter van  Nederduits Hervormde Studentevereniging,  Potchefstroom en diaken tot 1975

                                   1974 – Primarius van grootste manskoshuis (“Die Skuur”) op kampus

                                   1976-1979 RAU (deeltyds).  Behaal LLM-graad in Administratiefreg met verhandeling: “ ʼn Ondersoek na die                                             Administratiefregtelike  implikasies van die Wet op Publikasies, 42 van 1974”

                                   1979-1982 RAU (deeltyds). Begin met doktorale studie in Strafreg,maar staak dit voorlopig ter wille van party-                                         politieke betrokkenheid

Regsloopbaan:

Desember 1969 – Augustus 1980: Departement Justisie as klerk, aanklaer, prokureursklerk

 September 1980 – Desember 1980: Pupil by Johannesburg Balie. Slaag  Nasionale Toelatingseksamen vir Advokate van die Algemene Balieraad van SA.

Januarie 1981 – September 1989: Lid van die Johannesburg Balie

Mei 1997 – Mede-stigter van die Srafregbalievereniging van Suid-Afrika (“SBSA”)

1997 – hede –  Praktiserende lid en Balieraadslid (verskeie termyne as President) van SBSA (waarvan die naam later verander word na “Nasionale Forum van Advokate” afgekort as “NFA”). Tans Sekretaris en Tesourier van die NFA en in beheer van die regsopleiding  in hierdie vereniging

2005 – Waarnemende regter in die Hooggeregshof,Venda vir ʼn tydperk

5 Desember 2006 – Aangestel as Senior Advokaat (“SC”)

2007 – Waarnemende regter in die Hooggeregshof, Pretoria vir verskeie strafappèlle

2015 – 1 November 2018 – Afgevaardigde van die Nasionale Forum van Advokate in die “National Forum on the Legal Profession” in terme van Artikel 96(1)(a)(iv) van die “Legal Practice Act” , 28 van 2014

Politieke loopbaan:

Stigterslid van die Konserwatiewe Party (“KP”) – 20 Maart 1982

 1983 – Hooforganiseerder van “Nee”-stem in Roodepoort in die referendum op 2 November 1983 oor die Grondwetwysiging om ǹ “drie-kamer” parlement te skep

6 Mei 1987 – 27 April 1994 – Volksraadslid vir Roodepoort-kiesafdeling

 1987 – 1992 – Amptelike Opposisie in die Volksraad (KP) se hoofwoordvoerder oor  Vervoer

 1992 – Hooforganiseerder in Roodepoort van die “Nee”-stem in die referendum op 17 Maart 1992.

1987 – 2002 – Beskermheer van die KP Jeug

 1992 – 1994 – Amptelike Opposisie in die Volksraad (KP) se hoofwoordvoerder oor Justisie

 1992 – 1994 – Voorsitter van die Beplanningskomitee van die KP wat onder andere die Afrikaner Volksfront ontwerp en konstitueer in 1993

 1993 – 1994 – Lid van die Uitvoerende Raad van die Afrikaner Volksfront

 2002 – Verlaat die KP oor die voorneme van die meerderheid in die KP-partyleiding om met die Vryheidsfront, wat die KP en Afrikaner Volksfront in 1994 geskeur het, saam te smelt

 2017 – Sluit aan by Front Nasionaal(SA) (“FN”) en word gekoöpteerde lid van die FN –dagbestuur. Stel die Program van Beginsels, Beleidsmanifes en Grondwet van FN op.

5 November 2018 – Bedank as gekoöpteerde lid van die FN-dagbestuur.

2019 – Stel die verkiesingsmanifes van FN op en word verkies as kandidaat van FN in die 8 Mei 2019 Algemene Verkiesing op nasionale vlak

30 November 2019 – Verkies as Leier van FN, waarvan die naam op 10 Januarie 2020 verander word na “Afrikaner Selfbeskikking Party” (“AFRSP”).

Sportloopbaan:

 1) Verteenwoordig, en/of wen die kampioenskappe van, die volgende  klubs/provinsies/nasionale organisasies in die volgende  sportsoorte:

1966 – Transvaal Skole – swem; 1970 – Westelike Provinsie en SA Leër (Junior)  – Atletiek; 1971 – 1975 – PU vir CHO – Rugby en atletiek; 1972/73 – Suid_Afrikaanse Universiteite – Atletiek; 1974 – Wes-Transvaal – Atletiek ; 1976 – 1982 RAU – Atletiek en rugby; 1977 – Transvaal – Moderne driekamp; 1980 – Suid Afrikaanse Universiteite Kragoptel (“Power lifting”); 1980 – Suid – Afrikaanse Universiteite Gewigoptel (“Weight lifting”); 1983/4 – Diggers rugby; 2006 – Sentraal-Gauteng Skopboks; 2012 – Gauteng  Boogskiet en Suid – Afrikaanse Boogskiet (Meester Mans); 2016 – Suid-Afrikaanse Meesters Spele (Boogskiet goue medalje-Meester Mans)

2) Rekords:

Stel verskeie Afrika- en Suid-Afrikaanse  boogskietrekords in die Meesters Mans-kategorie op vanaf 2012,waarvan verskeie tans (2020) nog onverbeter is

 3) Formele kwalifikasies in sport:

 Gesertifiseerde senior atletiekafrigter  en beampte van die Suid-Afrikaanse Amateur Atletiek Unie; houer van Swart Gordel in skopboks; geakkrediteerde boogskiet-instrukteur van die Suid Afrikaanse Nasionale Boogskietvereniging; PADI-gesertifiseerde scuba-reddingsduiker.

4) Ampte beklee in sport:

1980/1: Voositter van die Transvaalse Amateur Atletiekafrigtersvereniging en lid van die Uitvoerende Bestuur van die Transvaalse Amateur Atletiekvereniging

2015: Lid van die Uitvoerende Bestuur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Boogskietvereniging