MEDIAVERKLARING (English version below) GEEN EMBARGO
ROODEPOORT, SUID-AFRIKA
8 Februarie 2025.
UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY

Kontaknommer: 078 413 8241
ONDERWERP: VOLKSTAAT DIE ENIGSTE STAATKUNDIGE OPLOSSING VIR DIE AFRIKANERVOLK – EN DIT IS HAALBAAR.
Daar is net een manier waarop elke volk sy Volkeregtelike reg op selfbeskikking ten volle kan uitoefen, en dit is by wyse van ʼn eie afsonderlike volkstaat.
Afrikanerleiers het dit al dekades gelede besef. Ongelukkig het veral aggressiewe Britse kolonialisme dekades lank die Afrikanervolk se ontwikkeling van volkstate vir al die inheemse volke van Suid-Afrika, insluitend die Afrikanervolk, belemmer.
Die Afrikanervolk het in die tydperk daarna bewys dat hy die kundigheid het om volkstate te skep. Dit het die geskiedkundige skepping van tien volkstate vir die tien swart inheemse volke tot gevolg gehad.
In 1994 is die tien volkstate van die swart inheemse volke heringelyf by die Suid-Afrikaanse staat en is die oordrag van die regeringsmag oor die hele Suid-Afrika aan die kommunistiese ANC bewerkstellig.
Sekere swart politieke leiers in Suid-Afrika maak sedert 27 April 1994 telkens openbare uitlatings wat duidelik daarop gemik is om vyandigheid van swart mense teen blanke Suid-Afrikaners, en veral Afrikaners, aan te blaas. Dit gebeur te midde van ʼn massiewe vlaag moorde en ander geweldsmisdade teen veral blanke boere. Duisende is al vermoor.
Blanke plaasboere in Suid-Afrika se risiko om vermoor te word, is nou driekeer groter as ʼn Suid-Afrikaanse polisiebeampte.
Daarbenewens word daar ten opsigte van aspekte soos onderwys, besigheid en eiendomsreg blatant teen blankes gediskrimineer.
Ons glo die Vrye Wêreld, onder leiding van die nuwe regering van die Verenigde State van Amerika, kan ʼn belangrike rol speel om die Afrikanervolk te ondersteun met die proses om ʼn eie volkstaat te skep waarin hulle hul selfbeskikkingsreg kan uitoefen. Ons is gevolglik baie dankbaar vir die onlangse vriendelike verklarings van president Donald Trump van die VSA oor die Afrikanervolk
.

MEDIA STATEMENT (Afrikaans version above) NO EMBARGO
ROODEPOORT, SOUTH AFRICA
8 February 2025.
ISSUED BY ADV. JURG PRINSLOO SC, LEADER, AFRIKANER SELF-DETERMINATION PARTY.
Contact number: 078 413 8241.
SUBJECT: VOLKSTAAT THE ONLY CONSTITUTIONAL SOLUTION FOR THE AFRIKANER PEOPLE – AND IT IS ACHIEVABLE.
There is only one way by which every people can exercise its right to self-determination to the full extent of that right which is recognized in International Law, and that is by means of an own “volkstaat” (“people state”).
Afrikaner leaders realized this decades ago. Unfortunately, aggressive British colonialism in particular hampered the Afrikaner people’s development of people states for all the indigenous peoples of South Africa, including the Afrikaner people.
The Afrikaner people thereafter proved that it possessed the skills to create people states, by creating ten people states for the ten indigenous black peoples of South Africa.
In 1994 the ten people states of the indigenous black peoples were reintegrated into the South African state and the government was allowed to pass to the communist ANC over the whole South Africa.
Certain black political leaders in South Africa since then often make public pronouncements which are clearly aimed at causing hostility of black people towards white South Africans, especially Afrikaners. That happens in the midst of a wave of murders and other violent crimes, especially against white farmers. Thousands have already been murdered.
The risk of a white South African farmer of being murdered is now three times as high as such risk to a South African police officer.
Additionally white South Africans are blatantly discriminated against in respect of aspects such as education, business, and property rights.
We believe the Free World, led by the new United States government, can play a very important role to support the Afrikaner people with the process of creating an own people state in which they exercise their right to self-determination.
We are therefore very grateful for the recent friendly pronouncements of president Trump about the Afrikaner people.
