MEDIAVERKLARING: Die ANC versnel die skepping van ‘n kommunistiese rewolusionêre klimaat in Suid-Afrika

Daar kan geen twyfel meer wees dat die ANC besig is omdie skepping van ʼn kommunistiese rewolusionêre agenda in Suid-Afrika te versnel nie.

Eers het die ANC president en huidige president vanmSuid-Afrika, Cyril Ramaphosa tydens sy sogenaamde “Versoeningsdag”-toespraak op 16 Desember 2019 valslik beweer dat die Voortrekkers van 1838 “invallers” in Zoeloe-grongebied was en datbdienZoeloe-krygers wat hulle op 16 Desember 1838 by die Ncome-rivier aangeval het tydens die “Slag van Bloedrivier” “vryheidsvegters” was. Dit is na ons mening duidelik daarop gemik om haat teen die Afrikanervolk aan te hits en om ʼn wig te probeer indryf tussen die Zoeloe-volk en die Afrikanervolk.

Dit is gevolg deur die onthulling, steeds gedurende die Desember-vakansie,  dat die  ANC-regering konsepwetgewing opgestel het waardeur hy alle opvoedkundige instellings en sport wil nasionaliseer.

Meer onlangs het Bheki Cele, die ANC Minister van Polisie, in die openbaar verklaar dat dit beter sal wees indien geen vuurwapens in die besit van die gewone publiek in die land is nie.

Die ANC het Maart 2020 gestel as die keerdatum vir die formulering van wysigings van  Artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996,  om te poog om die onteiening van ligvellige mense se bates sonder vergoeding te probeer wettig.

Verskeie indiwidue en organisasies ondersteun  hierdie stappe van die ANC.

Hierdie stappe vind plaas teen die volgende agtergrond:

  • Die EFF wat aanhoudend openbare uitsprake maak- onder andere oor onteiening van ligvellige mense se bates sonder vergoeding- om donkervellige mense op te sweep teen ligvellige mense in Suid-Afrika in ʼn duidelike poging om die ANC te vervang as die mees prominente kommunistiese rewolusionêre beweging in die land.
  • Die ANC wat verbete probeer om daardie reputasie te behou.
  • Die ritse openbare onthullings van korrupsie, staatskaping en diefstal van ongelooflike groot bedrae staatsgeld tydens die Zuma/Ramaphosa regeringstydperk.
  • Die interne leierskapstryd wat in die ANC woed te midde van vrae oor onder andere die BOSASA –skenking aan Ramaphosa se verkiesingsveldtog en sy duidelike pogings om die ondersteuning van die mees radikale vleuel in sy kommunistiese regeringsalliansie te verkry.
  • Die massiewe verlies aan stemme wat in die 8 Mei-verkiesing verlede jaar vir die ANC- regering aangekondig is.

Die Afrikaner Selfbeskikking  Party waarsku  alle Suid Afrikaners om dringend kennis te neem van die doelbewuste anti-ligvellige rewolusionêre klimaat wat geskep word , en roep hulle op om hulself voor te berei om enige pogings van die kommunistiese regering van Suid-Afrika om vanjaar Suid-Afrikaners finaal van hul grondwetlike regte te probeer ontneem, met beslistheid teen te staan.

Jurg Prinsloo SC.

Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.