In 'n onderhoud verduidelik Richard Quest hoe Suid Afrika se hele ekonomie gekaap is en wat die buitewêreld werklik hiervan dink.

“Julle hele ekonomie was gekaap! Hoeveel mense dien vonisse uit?” -Richard Quest

Richard Quest van verduidelik in ‘n ondehoud met “The Money Show” se Bruce Whitfield wat die werklike persepsie van Suid Afrika se regering
in die oë van wêreld moonthede in die finansiële sektor is.

Die Suid Afrikaanse regering sit met hulle vinger in hulle ore want hulle geloofwaardigheid bestaan net nie meer nie. Ramaphosa as President het geen geloofwaardigheid meer nie want sy oggend en aand praatjies stem glad nie meer ooreen nie. Dit is tipies vakbond taktiek kom met ‘n klomp verskuilde agendas na die onderhandelings tafel en hy was nie verniet prominent in die vakbondwese nie. Hy lieg sommer op TV daar in geen planne vir grondgrype wel wetend dat daar reeds planne is vir wetgewing om dit in werking te stel.

Dan het hy ook nog die vermetelheid om te se dat SA is nie ‘n gefaalde staat nie. Al die staatsondernemings is bankrot gesteel en wanbestuur. Die oorsig rol van die staat is eenvoudig net pateties gedoen of sommer heeltemal gelos.Biljoene Rande se uitgawes in staats departemente kan nie verklaar word nie.

Dan wil die kommuniste nog ook beheer he van die Reserwe Bank dan kan geld eenvoudig gedruk word soos in Zimbabwe wat inflasie die hoogte sal laat inskiet.

Die regering wil eenvoudig alles beheer en wat gaan die gevolge wees net nog meer rampspoed.

Die aangehegte video sal vir u ‘n goeie beeld gee wat dink die buiteland van Suid Afrika.

Dit is opgeneem in DAVOS Switseland waar al die lande se ministers van finansies en sakemanne van naam bymekaar kom een maal ‘n jaar..

Mnr Willie Cloete
Nasionale Onderleier van die
Afrikaner Selfbeskikking Party