'n foto van 'n persoon wat met 'n belasting verklaring en sakrekenaar sit, gereed om belasting berekeninge te doen

Gefaalde Staat

Die belasting betalers moet nou gestraf word vir die onbevoegheid van die hele ANC regering van 1994 tot vandag.Die ANC kaders het nog nooit ‘n idee gehad hoe om ‘n moderne land met ‘n moderne ekonomie te beheer en te regeer nie.

Al resep wat hulle ken om hulle onbevoegheid weg te steek is om eenvoudig net belastings te verhoog dan is daar weer fondse beskikbaar om die diep sakke te vul.

Hulle het nog nooit hulle gesteur aan fiskale beleid of enige begroting nie die gat vol geld sal nooit leeg word nie.Die punt het nou aangebreek dat die fondse is net nie meer daar is nie.Nou moet die twee bronne wat vinnig geld kan inbring verhoog word naamlik petrol heffing en BTW.Dit gaan nou almal raak nie net die belasting pligtiges nie selfs die armste van armstes.

Een vraag wat beleggers op hulle lippe het is waar is al die gesteelde geld en is enigiemand verantwoordelik reeds inhegtenis geneem en dien hulle tronkstraf uit.Ongelukkig is die antwoord nee en daarom word beleggings eenvoudig vasgehou en bittermin kapitaal vloeie in die land in.

Enige kieser wat enigsins nog die korrupte regering steun weet glad nie wat om hulle aangaan nie.

Die ergste vir my is dat hulle toelaat dat die SAKP en EFF en Moslems wragtig by die VSA ambassade skree “one bullet one American”.Trump kan onmiddelik sanksies instel en waar sit ons ekonomie dan.