MEDIAVERKLARING ROODEPOORT, SUID-AFRIKA GEEN EMBARGO
DINSDAG 17 OKTOBER 2023. UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY
ONDERWERP: TERRORISTE-AANVAL TEEN ISRAEL OP 7 OKTOBER 2023
Die leier van die Afrikaner Selfbeskikking Party, advokaat Jurg Prinsloo SC, het vandag die inval in die staat Israel en die terroriste-aanval op gewone burgerlikes binne sy grense op Saterdag 7 Oktober 2023 onvoorwaardelik veroordeel.
“Dit herinner Suid-Afrikaners aan die tipe terrorisme wat deur die African National Congress (“ANC”) teen gewone burgerlikes in Suid-Afrika gepleeg is in die 1970’s en 1980’s” het hy gesê.
“Om honderde swart Suid-Afrikaners in hul wonings aan te val, hulle uit hul wonings te sleep tot in strate, hulle dan te slaan en te stenig terwyl hulle doodgebrand word op die sogenaamde “halssnoer”-manier, en deur die stel van ploftoestelle in openbare plekke ten einde mense sonder onderskeid te dood, was sommige van die terroristiese metodes van die ANC in daardie tyd.
Die ANC is nooit behoorlik daarvoor tot verantwoording geroep nie. Inteendeel, sekere kommunistiese, sowel as sogenaamde demokratiese, regerings het daardie terroriste-veldtog ondersteun. En onlangs het die ANC-regering aangekondig dat ʼn hoofstraat in Johannesburg vernoem gaan word na Winnie Mandela, die mees prominente voorstander van die gruwelike halssnoermoorde” het hy gesê.
“Suid-Afrika se president Ramaphosa het teenoor president Trump van die Verenigde State beweer dat blanke boere nie in Suid-Afrika vermoor word nie, terwyl daar in werklikheid duisende blanke boere in die land vermoor is sedert die ANC die regering in 1994 oorgeneem het, en daardie slagting duur tot vandag voort”, het hy gesê.
“Meneer Ramaphosa se onlangse reaksie op die 7 Oktober 2023-massamoord in Israel moet na my mening teen daardie agtergrond gesien word”, het hy gesê.
“Hierdie inval van, en opsetlike massamoord op burgerlikes in, Israel op 7 Oktober 2023 is ʼn veragtelike oortreding van die Volkereg” het hy afgesluit.
Kontaknommer: 073 327 2061 E: admin@afrsp.org.za