MEDIAVERKLARING (English version below) GEEN EMBARGO
ROODEPOORT, SUID-AFRIKA
13 SEPTEMBER 2023.
UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY
Kontaknommer: 073 327 2061
ONDERWERP: BEOOGDE GEDENKDIENS IN DIE SENOTAAFSAAL VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT VIR ZOELOE-PRINS MANGOSUTHO BUTHELEZI.
Die Afrikaner Selfbeskikking Party het kennis geneem van die voorneme van die beheerliggaam van die Voortrekkermonument om op Vrydag 15 September 2023 ʼn gedenkdiens vir die ontslape Zoeloe-prins Mangosutho Buthelezi te hou in die senotaafsaal van die Voortrekkermonument.
Die party waardeer dat prins Buthelezi namens die Zoeloevolk verskoning gevra het vir die massamoord onder bevel van koning Dingaan van die Zoeloevolk op die Voortrekkerleier, Goewerneur Piet Retief, en die res van sy vreedsame geselskap van honderd mense op 6 Februarie 1838 en prins Buthelezi se deelname aan die verset teen die oorname van die vaderland van die Afrikanervolk en die vaderlande van ander inheemse volke deur die ANC in 1994.
Nogtans is die party van mening dat die gebruik van die Voortrekkermonument, veral die senotaafsaal, beperk moet bly tot spesiale geleenthede waartydens aspekte van die geskiedenis en kultuur van die Voortrekkers en hul nageslag in herinnering geroep en gevier word.
MEDIA STATEMENT (Afrikaans version above) NO EMBARGO
ROODEPOORT, SOUTH AFRICA.
13 SEPTEMBER 2023.
ISSUED BY ADV. JURG PRINSLOO SC, LEADER, AFRIKANER SELF-DETERMINATION PARTY.
Contact number 073 327 2061.
SUBJECT: ENVISAGED MEMORIAL SERVICE FOR ZULU PRINCE MANGOSUTHO BUTHELEZI IN THE SENOTAPH HALL OF THE VOORTREKKER MONUMENT.
The Afrikaner Self-determination Party has taken notice of the intention of the controlling body of the Voortrekker Monument to hold a memorial service for the late Zulu Prince Mangosutho Buthelezi in the cenotaph hall of the Voortrekker Monument on Friday 15 September 2023.
The party appreciates that Prince Buthelezi apologized on behalf of the Zulu nation for the mass murder by order of king Dingane of the Zulu people, of the Voortrekker leader, Governor Piet Retief, and the rest of his peaceful entourage of hundred persons on 6 February 1838 and the prince’s involvement in the resistance against the take-over of the fatherlands of the Afrikaner people and the fatherlands of other indigenous peoples by the ANC in 1994.
The party is of the opinion nonetheless that use of the Voortrekker Monument, especially the cenotaph hall, should be reserved for special occasions when aspects of the history and culture of the Voortrekkers and their descendants are commemorated and celebrated.