MEDIAVERKLARING GEEN EMBARGO
ROODEPOORT, SUID-AFRIKA
31 JULIE 2023.
UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY
Kontaknommer: 073 327 2061
ONDERWERP: DIE HERHAALDE OPROEP VAN MALEMA: “SHOOT TO KILL” “KILL THE BOER, THE FARMER”
Op Saterdag 29 Julie 2023 het die leier van die “Economic Freedom Fighters” (“EFF”), Julius Malema, weereens in die openbaar sy ondersteuners opgeroep: “Shoot to kill!”. “Kill the Boer, the farmer!”
Gewone mense verstaan na ons mening presies wat hy bedoel.
Gewone mense ervaar hoe boere, veral blanke boere, op plase vermoor word in dieselfde tydperk waarin Malema sy oproep doen.
Daar is net een manier vir Boere om suksesvol teen die handewerk van sulke dissipels van rewolusies op tetree: Konsolideer ons kragte deur as lede aan te sluit by ʼn vertroubare, volksgerigte, politieke party soos die Afrikaner Selfbeskikking Party en volksgerigte beskermingsorganisasies, berei behoorlik voor om die aanslae van die rewolusionêres te kan afweer in alle forums op alle vlakke waar die rewolusie aangepak word, en trek dan gedissiplineerd die spreekwoordelike tande van die rewolusie.