Afsterwe van meneer Barend Pienaar

Die Afrikaner Selfbeskikking Party het met leedwese verneem van die afsterwe gister, Dinsdag 2 November 2021, van meneer Barend Pienaar, bekende boer, volksman, aktivis teen plaasaanvalle en lid van Front Nasionaal (nou bekend as Afrikaner Selfbeskikking Party). Hy het elke dag met woord en daad sy liefde vir die Afrikanervolk uitgeleef. Ons het verneem dat hy in Oktober 2021 op sy plaas geval het en ń breinbesering opgedoen het waarvan hy nie herstel het nie.

Ons betuig graag ons opregte meegevoel met sy familie, vriende en kollegas.

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC Leier

Adv Jurg Prinsloo SC. Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party. Roodepoort. 3 November 2021.

Lewer u komentaar