krieket-ster Quinton de Kock

Die Afrikaner Selfbeskikking Party (“AFRSP”) loof die krieket-ster Quinton de Kock vir sy verset teen die aggressiewe politieke inmenging in sy sportloopbaan deur ondersteuners van die afstootlike “Black Lives Matter”-beweging in die bestuur van Krieket Suid-Afrika.

Die tipe optrede van Krieket Suid-Afrika is in ons opinie misbruik van gesag vir politieke doeleindes wat al meer in Suid-Afrikaanse sport voorkom. Ons doen ń beroep op die sportsterre en ondersteuners van Suid-Afrikaanse sport om hierdie verskuilde politieke kommissare in sportbesture paslik teen te gaan, en op sportliggame om sulke administrateurs uit te skop.

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC Leier

28 Oktober 2021.Uitgereik deur Jurg Prinsloo SC. Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party