Die datum 31 Mei roep herinneringe van sowel die onderdrukking as die bevryding van die Afrikanervolk op.
Op 31 Mei 1902 is die ooreenkoms in Melrose-huis in Pretoria onderteken waardeur die twee internasionaal-erkende Boere-Republieke na jarelange oorlog onderwerp is aan die koninkryk van Brittanje. Hierdie oorgawe is op die Boerevolk afgedwing deur die volksmoord wat Brittanje se troepe gepleeg het deur ongeveer 150,000 Boerevrouens en -kinders in konsentrasiekampe in te hok en die dood van ongeveer 29,000 van hulle daar te veroorsaak deur blootstelling aan siektes en wanvoeding.
Maar op 31 Mei 1961 is Suid-Afrika tot ‘n Republiek, onafhanklik van Brittanje, verklaar na jare van selflose opoffering en voortgesette stryd deur ons volk vir sy vryheid.
Op 23 April 1994 is ons volk se vryheid weereens weg geteken – hierdie keer in wat beskou kan word as die mees eerlose oorgawe van ons volk deur sekere volksgenote.
Ons volk word sedertdien koelbloedig geteiken deur die huidige kommunistiese Suid-Afrikaanse ANC-regering met wette en maatreëls wat ons volk en die ander ligvellige gemeenskappe in die land weerhou van werks-, besigheids- en selfs noodlenigingsgeleenthede op grond van hulle Iigte velle.
Duisende Iigvellige boere in die land is sedert 27 April 1994 uitgemoor deur donkervellige terroriste. Die Suid-Afrikaanse regering ontken die moordveldtog en versuim om dit te stop.
Dieselfde regering en ander politieke groeperings sweep inteendeel donkervellige gemeenskappe op teen die Iigvelllige landsburgers met verdraaide bewerings oor grondbesit in die land.
Ligvelliges, veral Afrikaners, word ook alhoemeer openlik die teikens van intimidasie en isolasie deur sekere donkervelliges en hul ligvellige pionne in sekere staatsinstellings.
Terwyl dit voortduur, kondig die minister van polisie onlangs voorgenome wetgewing aan wat tot gevolg sal hê dat wetsgehoorsame landsburgers onder andere nie meer vuurwapens sal mag aanskaf vir hul selfverdediging nie.
Die Afrikaner Selfbeskikking Party is onherroeplik verbind tot die herverkryging van ons volk se vryheid in sy eie volkstaat onder sy eie regering.
Ons doen ‘n ernstige beroep op alle Afrikaners en anderstalige patriotte van dieselfde afkoms as ons volk wat hul beywer vir selfbeskikking om te konsolideer in die Afrikaner Selfbeskikking party deur as lede by die party aan te sluit en so te help verseker dat ons hierdie onderdrukking saam te bowe kan kom soos ons voorouers hul onderdrukking na 31 Mei 1902 te bowe gekom het. Die party se webtuiste waar aangesluit kan word, is www.afrsp.org.za
Eendrag maak Mag.
Eendrag maak Mag.
MEDIAVERKLARING (English version will follow) GEEN EMBARGO
PRETORIA. SUID-AFRIKA
31 MEI 2021

UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY
Kontaknommer: 0824142687