Beroep om vrywillige bydraes

Geagte volksgenote, ons almal besef sekerlik in watter gemors ons land verkeer as gevolg van die ANC-regering.

Ons MOET uit hierdie omdedrukkende staatkundige bedeling kom. Die Afrikaner Selfbeskikking Party is ons enigste hoop daarvoor.

Die party werk onverpoos, en is tans besig met kritiek-belangrike voorbereiding om Volkeregtelik ons selfbeskikkingsreg af te kan dwing.

Al die lede van hierdie volksparty is gewone werkende mense soos u en ek. En daar is noodwendig onkoste verbonde aan die werk wat die party doen en nog moet doen in die nabye toekoms. Ons kan nie verwag dat slegs die kerngroep wat die werk uit hul liefde vir ons, die Afrikanervolk, en ons mede-patriotte van Europese afkoms doen, daardie onkoste alles uit hul eie sakke moet dra nie.

Kom ons dra binne ons elkeen se vermoë by tot die bedryfskoste van die party deur middle van ʼn gereelde maandelikse bydrae in die party se bankrekening –  verkieslik met ʼn debietorder wat verseker dat ons elke maand ons bydrae maak.

Dink net: As 1000 van ons die koste van een gemiddelde hamburger ( R 35-00) per maand aan die party skenk, gee ons R 35 000-00 per maand aan die party!!

Die party se bankbesonderhede is:

Bank: ABSA

Rekeningnommer: 4084235980 (Die selfde rekeningnommer kan ook gebruik word vir aftrek orders)

Tak: Hatfield, Pretoria.

Met hartlike Volksgroete.

Chris Greyling.

Lewer u komentaar