VERKLARING :AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY AMERIKAANSE VERKIESING

Wat nou in Amerika gebeur, is wat reeds jare gelede in Suid-Afrika begin het: Die volk is van binne af verkanker deur tweegesig rugstekers wat hul volk uitverkoop sonder om ń oog te knip, media-organisasies en – indiwidue wat die volk doelbewus belieg ter ondersteuning van daardie rugstekers se agenda, en binnelandse en buitelandse anti-Christene wat die proses orkestreer en befonds. Die Christelik- Westerse beskawing is in die weegskaal. Die Afrikaner Selfbeskikking Party is onherroeplik verbind tot die verkryging van die vryheid van ons volk in sy eie volkstaat waar ons daardie beskawing kan handhaaf. Die party het ons volksgenote nodig. Ons volk het die party nodig.Jurg Prinsloo.Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.