Op 31 Mei 2020 herdenk behoudende Afrikaners ǹ besondere dag in die geskiedenis van die Afrikaner se strewe na selfbeskikking: Republiekwording.
Nà 59 jaar van Britse oorheersing, waartydens Britse imperialiste hard probeer het om die Afrikanervolk te vernietig, het die Afrikanervolk op 31 Mei 1961 sy vryheid herwin in ǹ Republiek buite die Britse Statebond en dus sonder die Britse monarg as sy staatshoof.
Die persoon wat ons volk hierdie fase van sy geskiedenis ingelei het, was Dr. HF Verwoerd. Hy sou sowat vyf jaar later sy lewe verloor in ǹ vooraf-beplande sluipmoord as gevolg van die haat wat daar teen hom ontvlam het in die geledere van die vyande van die Afrikanervolk.
Op 31 Mei 2020 word die Afrikanervolk midde-in die 26-jarige tydperk van kommunistiese onderdrukking waarin hy hom tans bevind, herinner dat hy al voorheen onderdruk is, maar weer met volharding sy vryheid terug gekry het. “Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou – Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly: Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry. Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou , o Heer: Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer”.
PRETORIA 30 Mei 2020
Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.