Hierdie uitspraak is op Donderdag 30 April 2020 deur Regter N Kollapen in die Gauteng Afdeling, Pretoria, van die Hooggeregshof, Pretoria, gelewer. Die kern van sy uitspraak was dat dit toelaatbaar is vir die Minister van Toerisme om op grond van kleur (soos in die Broad-based Black Economic Empowerment Act gedefinieër) te diskrimineer wanneer geldelike ondersteuning van die regering aan besighede in die toerisme-bedryf toegeken word om die nadelige uitwerking van die huidige Nasionale Ramptoestand te beveg.
Die Afrikaner Selfbeskikking Party is van mening dat die optrede van die Minister blatant rassisties en onkonstitusioneel was.
Hierdie uitspraak beklemtoon weerens die feit dat die enigste manier waarop ligvellige Suid-Afrikaners verlos sal word van, en op die lange duur beskerm sal wees teen, politieke onderdrukking op die basis van hul velkleur, geleë is in die volwaardige selfbeskikking wat die Afrikaner Selfbeskikking Party nastreef.
Subject: The judgment in the case of Solidarity obo Members v The Minister of Small Business Development and Others case number 21314/20; ARFIFORUM NPC v Minister of Tourism and Others case number 21399/20.
This judgment was delivered on Thursday 30 April 2020 by Judge N Kollapen in the North Gauteng, Pretoria Division of the High Court of South Africa. The gist of his judgment was that it is permissible for the Minister of Tourism to discriminate on the basis of colour (as defined in the Broad-based Black Economic Empowerment Act) when monetary assistance is allocated to businesses in the tourism industry to combat the adverse effects of the present National Disaster.
The Afrikaner Self-determination Party is of the opinion that the action of the Minister was blatantly racist and unconstitutional.
This judgment once again emphasises the fact that the only way in which light-skinned South Africans can be freed from, and be protected in the long run against, oppression on the basis of their skin colour, is in the full self-determination which the Afrikaner Self-determination Party strives for.

MEDIAVERKLARING – MEDIA STATEMENT
AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY – AFRIKANER SELF-DETERMINATION PARTY
PRETORIA 2/5/ 2020
Leader, Afrikaner Self-determination Party.