Wanneer enige persoon streef om die leier van die sterkste nasie op aarde te word, bid die res van die beskaafde wêreld dat daardie persoon beskaafde waardes soos eerlikheid en respek vir vryheidliewende volke sal handhaaf.
Die media-onthullings van die oneerlikheid en uiterste minagting van Joe Biden (Demokratiese Party) vir die Afrikanervolk, behoort hom onmiddellik uit te skakel uit die komende Presidentsverkiesing in die VSA.

Ons weet dat dit ʼn mode geword het in sosialistiese kringe wêreldwyd om jou met die kommunis, Nelson Mandela, te assosieer om die vertroue van mede-soialiste, insluitend volbloed kommuniste, te wen. Maar om blatant te lieg dat jy in Soweto deur Afrikaners gearresteer is in jou poging om by die kommunistiese ikoon, Nelson Mandela, op Robbeneiland, sowat eenduisend vyfhonderd kilometer daarvandaan, uit te kom, stel ʼn nuwe standaard van oneerlikheid en minagting van die Afrikanervolk.
Die beskaafde kiesers van die VSA kan nooit die ontsaglike mag en verantwoordelikheid van die amp van die President van die VSA toevertrou aan so ʼn leuenaar en vyand van ʼn volk wat wêreld-bekend is vir sy volgehoue stryd teen kommunistiese onderdrukking nie.
PRETORIA 29 Februarie 2020

Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.