Die titel van die artikel: internasionale politiek en suid afrika - willie cloete - Afrikaner Selfbeskikking Party

Internasionale Politiek en Suid Afrika

Die dae dat Suid-Afrika ‘n rol gespeel het in internasionale politiek is verby. Internasionale Politiek en Suid Afrika se paaie het klaarblyklik geskei.

Die wêreld is bewus van wat in SA aangaan

Die simpatie wat regerings met die ANC gehad het, is verby, dit word duidelik uitgedruk in die kommentaar van Pompeo, VSA se Minister van Buitelandse Sake. Hy het dit baie duidelik vir die regering gesê, dat die VSA die regering se onteiening sonder vergoeding glad nie goedkeur nie. Dit was net kort van ‘n verklaring dat sanksies ons voorland is, indien onteiening sonder vergoeding gebeur. Ons weet dat Pres. Trump nie skaam is om sanksies en selfs ‘n totale ekonomiese boikot in te stel nie.

Internasionale Politiek en Suid Afrika, Patriotisme in die VSA hang Onteiening Sonder Vergoeding aan die groot klok.

Tucker Carlson van Fox News, ‘n Nuus Kanaal in Amerika het tydens een van sy uitsendings die Amerikaanse President, Mnr Donald J Trump se aandag getrek met sy beriggewing rakende die Kommunistiese ANC regime se planne om die Afrikaner volk van land te beroof.

Sjina, een van SA se grootste investeerders

Sjina, een van SA se grootste investeerders, is in die knyp, behalwe vir die terugslag wat hulle gely het met die ekonomiese oorlog met die VSA, is daar nou verdere probleem  met die die uitbreek van die Corona-virus en ‘n plaag sprinkane. Daar is is dele van Sjina wat ekonomies verlam is as gevolg van die virus, waar alle produksie gestaak is en geen uitvoer meer plaasvind nie.

Dit gaan groot invloed uitoefen op ander lande met wie Sjina handel dryf. Suid- Afrika voer heelwat goedere in vanaf Sjina en natuurlik voer ook baie uit na Sjina. Indien Sjina se ekonomie baie verswak, of selfs inplof kan dit ‘n enorme invloed hê op die wêreldekonomie.

EU en #Brexit

Brittanje gaan ook nou deur ‘n moeilike fase van oorgang waar hy ekonomies onafhanklik van die EU moet oorleef. Gelukkig vir hulle, het hulle sterk leierskap wat ek glo hulle sal deur dra. Brittanje se wegbeweeg van EU is vir my duidelik dat Europa nou reg is vir nog verdere wegbreke van lande soos Frankryk, Nederland en andere waar regse partye binnekort die regerende partye gaan wees.

Internasionale oplewing in Nasionalisme

Ek glo die swaai van lande na nasionalisme is die draaipunt van ‘n heel nuwe internasionale politiek waar volksnasionalisme ‘n belangrike rol gaan speel en outonome state nie meer vir hulle gaan laat voorskryf wat is reg vir hulle lande nie. Dit kan selfs lei tot die verbrokkeling van die EU in totaal.

Wat is die ekonomiese toestand en vooruisigte vir Jan-Alleman in SA?

Hier in Suid-Afrika is ons eie ekonomie ook op ‘n mespunt. Ek praat gisteraand met ‘n vriend en ek stem saam met sy standpunt dat ons ekonomie is besig om swak te word, weens politieke gebeure en dit raak meer beleggers  vir beide binnelandse- en buitelandse beleggings. Die banke raak ook nou meer versigtig om geld te leen vir enige nuwe kapitaalprojekte, selfs in behuisingsprojekte is dit te sien.

Die regering versuim om maatreëls in te stel wat ekonomies groei stimuleer, inteendeel…

Hoe meer Ramaphosa seine uitstuur dat daar geen optrede gaan wees teen ekonomiese misdadigers nie, hoe meer gaan internasionale ekonomiese bande veswak.

Dit laat my dink aan ‘n spotprent waar CR en Tito Mboweni voor loop en sê gelukkig is staatskaping nou agter ons met van die grootste rolspelers in staatskaping agter hulle geillustreer in die spotprent.

Ja hulle is nog steeds besig om uit die pot te eet, want CR tree nie drasties op nie. Indien hy sou optree met inhegtenisnemings, veswak hy sy eie posisie.

Waar los dit ons?

Dit los die Afrikaner Volk nog steeds by die vraag waar staan ons in die groter prentjie. Ons moet nie te veel hoop op internasionale steun vir ons eie volksoorlewing  plaas nie, want die groot rolspelers het hulle eie probleme.

#Selfbeskikking is al uitweg

Mnr Willie Cloete, onderleier van die Afrikaner Selfbeskikking Party
Mnr Willie Cloete, onderleier van die Afrikaner Selfbeskikking Party

Ons sal nou moet agter die Afrikaner Selfbeskikking Party verenig en Selfbeskikking ‘n werklikheid maak. Die ASP se bestuur het duisende se ondersteuning nodig om alles ‘n werklikheid te maak.

– Mnr Willie Cloete

Onderleier: Afrikaner Selfbeskikking Party

Die Bestuur werk hard om alles in plek te kry vir ‘n behoorlike bekendmakingsveldtog vir Selfbeskikking vir die Afrikaner Volk.

Geldelike bydraes is ook baie noodsaaklik vir die stryd, daarom verwelkom ons donasies. Gelde kan elektronies oorbetaal word, met die bank besonderhede as volg:

Rekeninghouer naam: ASP

Bank: ABSA

Tjekrekeningnr: 4084235980Takkode: 632005