Afrikaner Selfbeskikking Party rig versoek aan mede Afrikaner organisasies wat dieselfde beleid nastreef

Afrikaner Selfbeskikking Party rig versoek aan mede Afrikaner organisasies wat dieselfde beleid nastreef

Mnr Willie Cloete, onderleier van die Afrikaner Selfbeskikking Party
Mnr Willie Cloete, onderleier van die Afrikaner Selfbeskikking Party

Te midde van al die negatiewe dinge wat plaasvind in die land wil ek vandag op die positiewe fokus.

Ons moet as Afrikaner Volk nou begin om te bou aan ‘n nuwe toekoms vir ons mense. Deur te kla gaan ons nêrens bring nie.

ASP het nou gereorganiseer met ‘n splinternuwe bestuur wat absoluut gefokus is om Selfbeskikking vir die Afrikaner Volk te bewerkstellig. Ons is bereid om saam enige individu of organisasie wat ware Selfbeskikking nastreef vir ons mense, met die einddoel ‘n volkome Soewereine staat, te werk en hande te vat. Daarom nooi ons al sulke individue en organisasies uit om in gesprek met ons te tree. Daar is egter organisasies wat kom met slenters om ons volk se fokus te verander na nie-haalbare oplossings.

Die ASP is soos ons naam aandui absoluut gefokus op Selfbeskikking vir ons eie mense en moedig ook ander volke in Suid–Afrika aan om dieselfde roete te volg, met hulle eie proses. Selfbeskikking is ‘n regsproses, wat ‘n volk moet volg, tot en met die letter, anders sal ons nie suksesvol wees nie.

Die belangrikste is om ‘n mandaat te kry van ons volk om dit te dryf. Intussen terwyl ons besig is met dit, sal die ASP ook indringend met die buiteland in kontak kom, om ons saak met leiers op te neem wat ons saak goedgesind is.

Mnr Willie Cloete
Onderleier
Afrikaner Selfbeskikking Party

Dit is veral belangrik, want daar moet minstens een soewereine land ons steun, as ons op die punt kom om af te skei. Ons bou die proses van sy fondasie(die mandaat) af, boontoe en sal nie ons mense mislei met beloftes dat al die prosesse in plek is en daar nog nie eers ‘n mandaat is nie.

Die interne remedies, naamlik dit wat binne die moeder staat, naamlik Suid-Afrika, moet ook uitgeput word, naamlik gesprekke met die regering van die dag en die Suid-Afrikaanse howe, soos die Konstitusionele hof. Daarom mense vertrou ons, dat ons sal die regte prosesse volg, dat ons nie by sesessie stadium vasval en van die belangrikste prosesse is nie gedoen, of net bloot geïgnoreer het nie.

Daarom vra ons, ons mense om nou saam ons te bou aan ‘n party wat ware Vryheid vir ons Afrikaner Volk wil beding.

Die ASP het ‘n goeie webblad gevestig en is nog besig om dit verder uit te brei, om aan al ons behoeftes te voldoen en die maksimum inligting voortdurend aan ons kiesers en lede beskikbaar te stel soos die party vorder.

Die webblad se adres is as volg https:afrikanerselfbeskikkingparty.co.za, gaan besoek dit gerus en ontmoet die party wat vir u werk.

Groete

Willie Cloete

Onder –Leier

ASP