Titel van die artikel: SONA 2020 'n Opniestuk deur Mnr Willie Cloete

SONA 2020 – Mnr Willie Cloete van die ASP deel sy gedagtes

Om die EFF se manewales vry te spring – die Staatsrede begin om die 01h:45m merk.
Bron: EWN YouTube kanaal

Die staatsrede of SONA het in werklikheid niks nuuts opgelewer nie. Dit was ‘n geweldige lang toespraak van niksseggende woorde.

Die probleme van die land word nie met daadwerklike stappe aan- gespreek nie. Ek gaan enkele fasette van die SONA bespreek.

In die eerste deel het hy heel korrek opgesom dat die ekonomie oor die laaste dekade feitlik glad nie gegroei het nie. 

Die rede is eenvoudig, want die regering skep glad nie die klimaat vir groei en investering nie.

Hy noem ook dat hulle in 1994 die pad gekies het van onderhandeling, van vrede en nie van haat en weerwraak nie. Dit wil egter nie so voorkom nie, want anders is grondonteining, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, wat die kern is van die mislukkings van 30 jaar waar, hoogsgekwalifiseerde mense net eenvoudig vervang is met kader ontplooiing. 

Die enigste uitweg uit die ekonomiese woestyn is, vervang daardie mense met mense wat weet wat hulle doen en die land sal weer sy kop kan oplig. Dit val egter nie binne die raamwerk van die kommunistiese- en NDR program nie.

Hy sê ook dat hulle vordering maak met die korrupsie, dan weereens vra ASP waar is die inhegtenisnemings van senior mense in die ANC waar bewyse gekry is van deelname aan staatskaping en korrupsie. 

Die is dinge waarna beleggers binne en buitelands kyk voor nuwe investering gaan plaasvind. Daar was ook geensins genoem dat daar afgesien gaan word van grondonteining sonder betaling nie. 

Daarom voel ek droom Ramaphosa van mielies plant in die woestyn, indien hy nie daadwerlik stappe neem om verdere korrupsie stop te sit nie, sal die land nooit in ‘n groei- en ‘n herstelfase ingaan nie.

Wat Eskom en PRASA aanbetref, sal daar drastiese stappe geneem moet word om hulle te herstel, dat hulle die land se ekonomie positief kan beinvloed deur goeie en bekostigbare diens. Eskom veral sal van baie personeel ontslae moet raak, wat ongewild is en sal die regering en Eskom se bestuur moet vaskop teen die kommunistiese vakbonde en druk van binne die ANC-geledere. 

Hy noem ook dat staatsfinansies moet aangespreek word, weereens sal daar van onbevoegde en korrupte amptenare ontslae geraak moet word, anders is dit net lippetaal.

Daar sal weg beweeg moet word van die kommunistiese klimaat binne die ANC, want die regstellings wat gemaak moet word, is kapitalistiese maatreëls. Om ‘n gesonde ekonomie te bou is enige maatreëls wat ‘n sosiale staat bevoordeel eenvoudig uit.

Dan natuurlik is dit uiters noodsaaklik dat misdaad streng aangespreek moet word en dat die howe geen genade moet hê vir enige misdadiger nie. Dit help nie om nog 7000 nuwe polisielede indiens te neem nie en daar is nogsteeds hope lede met misdaad rekords in die polisie nie. Die SAPD word as een van die korrupste afdelings in die land beskou, daar sal ook deeglik huis skoongemaak word.

Deur die skuld op die verlede te pak, sal hulle geensins help nie, net sterk optrede kan dit regstel, wat ek bevrees is by Ramaphosa ontbreek.

Dan maak maak hy hope beloftes, te veel om te noem, waar biljoene Rande belowe word, wat hy waar gaan kry?

Die staatsfinansies is eenvoudig net in ‘n gemors en dit sal jare neem om die kultuur van swak diens en korrupsie te herstel, indien dit ooit sal gebeur, solank daar geen dissipline in die regeringsinstansies en staatsbeheerde besighede is nie, het ons met ‘n weghol trein te doen.

Mnr Willie Cloete, onderleier van die Afrikaner Selfbeskikking Party
Mnr Willie Cloete, onderleier van die Afrikaner Selfbeskikking Party

“Ek sal geensins my hoop op enigiets plaas, voor ek dit sien gebeur nie.

– Mnr Willie Cloete
Onderleier
Afrikaner Selfbeskikking Party / Afrikaner Self-determination-Party / ASP