visie 2020 Afrikaner Selfbeskikking Party Willie Cloete

Afrikaner Selfbeskikking Party Visie 2020

Afrikaner Selfbeskikking Party Visie 2020 – beteken in oogkundige terme dat jy goed kan sien. Hoekom gebruik ek juis dit as as aanhef? Die rede daartoe is dat die Afrikaner Volk moet begin om hulle visie wyer te maak as hulle alledaagse bestaan.

Voorbereiding vir die aanslag van Kommunisme

Ons vyande lê in die loopgrawe vir ons en wag en ons is salig onbewus daarvan. Ons gaan onbewustelik aan met ons alledaagse takies, asof daar niks fout is in ons klein wêreld nie. Dit kan oopbars en dan is ons totaal onvoorbereid daarvoor.

Daar is so baie dinge om ons mense teen te waarsku, dat ek sal slegs die belangrikste aanraak.

Die Afrikaner en ander Europese nasate in Afrika is die laaste bastion van die Christenwêreld en blankedom van Afrika. Indien ons nie nou gaan vasstaan en baklei vir die oorlewing van ons westerse beskawing nie, gaan ons eenvoudig opgeslurp word en van die aarde af verdwyn.

Dus mense, word weer bewus van jou herkoms en waar jy vandaan kom en die goue draad wat ons aanmekaar gehou het, naamlik ons vaste geloof in ons afhanklikheid van God.

Tekens van die Kommunistiese aanslag

Die Kommuniste en NWO (Nuwe Wêreldorde)-meelopers in gesagsposisies in ons land, probeer hard om dit alles af te breek. Daar is verskeie maniere hoe dit gedoen word. Alles wat verkeerd was voor 1994 is nou eweskielik reg. Dit word deur sosiale media, media en televisie in ons kele afgedruk asof dit nou die norm is. Selfs die kerk word gebruik om ons sag te maak, deurdat dinge wat verfoelik in God se oë is, is nou aanvaarbaar gemaak.

Kommunisme is absoluut voor ons voordeur, of ons dit wil hoor of nie . Die Kommunis is nie gepla, of hy alles wat goed en reg is vernietig nie, dit is eenvoudig daardie dogma se eindoel om alles en almal te beheer en gelyk te maak. As jy mooi kyk is dit dieselfde doelwit van die NWO, wat aangevuur word deur die linkse geldmagte.

Dan sonder dat ons bewus is daarvan, word ons kinders gebreinspoel om selfs Satanistiese gebruike as aanvaarbaar te beskou in speletjies.

Effek van die Kommunistiese aanslag

Ons mense se vermoë om geld te verdien word stelselmatig vernietig om ons as volk so in die grond in te boor en eenvoudig net as niksseggend beskou te word want ons sal geen regte meer hê in hierdie land nie. Kommunisme trek jou af na die laagste vlak moontlik sodat jy makliker beheer kan word.

– Willie Cloete, Onder-leier, Afrikaner Selfbeskikking Party

Die Kommunistiese lande wat na die val van Berlyn onafhanlikheid gekry het sukkel nou nog om te herstel. Hulle het nou nog nie die werksetiek van die Westerse volke aangeleer nie.

Dan is die liberalis eenvoudig net dom dat hulle absoluut humanisme aanhang asof dit ‘n godsdiens is. Alles wat nasionalisties is moet eenvoudig afgebreek word. Dit gee hulle nagmerries soos duidelik manifisteer in Amerika met Trump wat sy volk nou eerste plaas en Pole wat sy volk as ‘n Christen Volk verklaar het.

Afrikaner Selfbeskikking Party Visie 2020 doelwit

Mense ek vra verbreed jou visie, anders is jy net so skuldig soos ander, dat jou menswees en Afrikanerskap van die radar af verdwyn.

Selfbeskikking vir volke is die enigste alternatief om jou as volk te beskerm teen vreende invloede.

OPINIESTUK Willie Cloete