OPROEP.
20 NOVEMBER 2023.
UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY
Kontaknommer: 073 327 2061 E: admin@afrsp.org.za
ONDERWERP: ANC SE TOTALE AANSLAG TEEN SUID-AFRIKAANSE LIGVELLIGES.
Die ANC se totale aanslag teen die ligvellige deel van die Suid-Afrikaanse bevolking duur onverpoos voort.
Die ANC het byvoorbeeld reeds aangedui dat hulle verkryging van vuurwapens vir selfverdediging in Suid-Afrika wil verbied ten spyte van die terroristiese moordvlaag teen veral ligvellige boere maar ook teen ander ligvellige Suid-Afrikaners sedert die regeringsoorname deur die ANC in 1994.
Misdaadsyfers wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens bekend gestel is, staaf die indruk dat ernstige misdaad onder die ANC-regering floreer soos nog nooit vantevore nie.
Cyril Ramaphosa se berugte vals mededeling aan president Trump tydens sy ampstermyn dat ligvellige boere nie in Suid-Afrika vermoor word nie, is nog vars in die geheue van Suid-Afrikaners.
Die ANC het ook reeds wetgewing aanvaar om ligvellige Suid-Afrilaners se bates te onteien sonder vergoeding vir sogenaamde “grondhervorming”en beskryf ligvellige Suid-Afrikaners valslik as historiese diewe van donkervellige Suid-Afrikaners se grond.
Die ANC-president, Ramaphosa, misbruik openbare geleenthede om wrewel by donkervellige Suid-Afrikaners teenoor ligvellige Suid-Afrikaners aan te wakker deur onder andere te verwys na die Voortrekkers van 1838 as “invallers” van die Zoeloe-volk se grondgebied (nogal in ʼn sogenaamde “Versoeningsdag”-toespraak).
Dosyne stukke ANC-wetsbepalings diskrimineer reeds teen ligvellige Suid-Afrikaners op die arbeidsterrein. Dit lei tot aanhoudende massa-emigrasie van duisende ligvellige werksoekers.
Die nuutste aanslae van die ANC is spesifiek teen ligvellige Suid-Afrikaanse boere gemik.
Blatante rasse-diskriminasie teen ligvellige persone op die basis van die ANC se “Swart Bemagtiging” wetgewing by die toekenning van watergebruik-lisensies is ingeskryf in die konsep-regulasies wat op 19 Mei vanjaar in die Staatskoerant nommer 48630 vanaf bladsy 79 gepubliseer is.
Op 31 Oktober vanjaar het die Direkteur van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling regulasies in Staatskoerant nommer 49588 vanaf bladsy 3 gepubliseer wat die toekenning van landbou-uitvoerpermitte vir sekere gewilde landbou-produkte na die Europese Unie lande deur Suid-Afrikaanse landbou-instellings met ʼn jaarlikse omset van meer as R 10 miljoen onderhewig stel aan die vereiste van minstens 51% “swart”eienaarskap.
Solank Suid-Afrikaanse ligvelliges gevangenes bly in ʼn staatkundige stelsel onder beheer van die vyandige rassistiese kommunistiese ANC-regering, is hul voortbestaan onseker.
Die minste wat ons as ligvellige Suid-Afrikaners kan doen om ons voortbestaan in die land te beveilig is om as lede aan te sluit by die Afrikaner Selfbeskikking Party, die party finansieel te help ondersteun en ook vir die party te stem in verkiesings sodat die party in staat gestel word om namens ons die beskikbare Volkeregtelike stappe te neem om ʼn eie soewereine volkstaat te skep vir die Afrikanervolk waarin elke ligvellige Suid-Afrikaner weer in vryheid en veligheid tot eer van God kan lewe.
Laat ons saam die aanslag teen ons afweer deur elkeen sy /haar deel te doen..