dumbbells in jail

Aanval op Mnr. Janusz Walus

Mediaverklaring 30 November 2022. Johannesburg. Uitgereik deur adv. Jurg Prinsloo SC

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC

Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.

Onderwerp: Aanval op Mnr. Janusz Walus.

Die leier van die Afrikaner Selfbeskikking Party het vandag sy dank en waardering uitgespreek aan die mede-gevangenes van mnr. Janusz Walus vir hul onverskrokke optrede gister toe hulle mnr. Walus te hulp gesnel het teen die moorddadige aanval deur ʼn mede-gevangene. “Daardie gevangenes verdien alle regdenkende Suid-Afrikaners se respek en bewondering. Hul heldhaftige optrede teen die aanvaller is bewys dat hulle mense is met respek vir die reg en beskerming van die konstitusionele regte van ander mense. Daardie heldhaftige optrede behoort in hul guns te tel wanneer hul vrylating op parool oorweeg word” het adv.

a bunk bed with striped linen behind bars
Photo by RODNAE Productions on Pexels.com

Prinsloo gesê en vervolg: “Die departement van Korrektiewe Dienste sal moet verduidelik waarom die aanval op mnr. Walus kon plaasvind terwyl hy onder hul sorg en beheer verkeer het.”