Moontlike grootskaalse ontwrigting 24 Augustus 2022

Boodskap van adv. Jurg Prinsloo. SC, leier van die Afrikaner Selfbeskikking Party:

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC

Dinsdag 23 Augustus 2022.

Alle volksgenote word gevra om uiters bedag te wees op moontlike grootskaalse ontwrigting van openbare dienste en selfs geweldpleging wat mag voortspruit uit die landwye protes wat verskeie vakbonde beplan vir more, 24 Augustus.

Voorsorg moet deur ons elkeen getref word om verkieslik tuis te kan bly totdat die protes afgeloop het en om te alle tye ons gesinne, families en vriende effektief te kan beskerm teen kriminele elemente. Seënwense.