Onderwerp: KAIROS NETWERK se familiebyeenkoms – Pretoria 21 en 22 Julie 2022

Die leier van die Afrikaner Selfbeskikking Party het vandag in ʼn mediaverklaring sy party se waardering uitgespreek vir die tweedaagse familiebyeenkoms van die Kairos Netwerk in Pretoria.

Advokaat Jurg Prinsloo SC, leier van die party, het hom soos volg uitgelaat:

“Die Afrikanervolk is ʼn Christen-volk. Die Afrikaner Selfbeskikking Party is ʼn politieke party wat glo in God Drie-enig, Sy oppergesag en Sy beskikking oor, en leiding in, die lotgevalle van volke.

Die party aanvaar die Bybel as onfeilbare Woord van God en as die norm en rigsnoer vir alle uitinge van die Afrikanervolk se volkslewe.

Daarom waardeer ons in hierdie tyd van wêreldwye morele verval en ʼn felle aanslag op behoudende waardes op alle lewensterreine, hierdie inisiatief om indringend te besin oor onderwerpe soos Skrifgetrouheid, teologiese opleiding, en die kerkregtelike visie wat daarmee gepaard behoort te gaan.

Ons dra graag ons waardering en bede vir God se leiding in hierdie samesprekings aan alle betrokkenes oor”.

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC

Uitgereik deur: Adv. Jurg Prinsloo SC. Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.

22 Julie 2022.

Johannesburg, Suid-Afrika.

Kontaknommer: 073 327 2061.

E: admin@afrsp.org.za

                                                       GEEN EMBARGO.