grayscale photo of man holding rifle

Dissipline is onontbeerlik vir sukses in enige organisasie

Dissipline is onontbeerlik vir sukses in enige organisasie. Destemeer in ń verdegings/beskermingsmag.

Ek lees vanoggend vroeg hoe twee “wise guys” wat saam met die Kanadese skerpskutter “Wali” vir Oekraïne in die Donbas streek geveg het, die ervare “Wali” se waarskuwing verontagsaam het om nie die dekking van hul loopgraaf te verlaat om te gaan rook nie.

Hulle is toe uitmekaar geskiet deur ń Russiese tenk. My eerste gedagte wat ek graag deel:  Ons het volgens my waarneming ongelukkig ook nog altyd ń getal sulke “wise guys” in Afrikaner-geledere gehad, afgesien van sekere uit-en-uit “hensoppers” en “joiners”.

Om duidelike, logiese, kundige advies te verontagsaam of te vermy oor dinge waarin jy nie self grondig onderlê is nie, is doodgevaarlik vir jouself en jou mense, al klop jou hart vol ware liefde vir jou volk.

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC

Jurg Prinsloo. 9 Mei 2022.

Lewer u komentaar