Afsterwe van meneer Hannes Engelbrecht

Die Afrikaner Selfbeskikking Party (“AFRSP”) het met leedwese verneem van die  afsterwe van een van die party (destyds nog genoem Front Nasionaal) se stigterslede en voormalige leier, meneer Hannes Engelbrecht, op Dinsdag 7 September 2021.

Hannes se liefde vir sy volk en sy wye kennis van die geskiedenis en politiek blyk uit sy vele artikels daaroor. Hy sal ook onthou word vir die reuse grondeis wat hy ten behoewe van die nageslag van die Voortrekkers ingestel het en wat steeds ń basis is vir die aanspraak op ń Afrikaner volkstaat. Ons dank ons Hemelse Vader vir die tyd wat Hy Hannes aan ons gegee het. 

Die AFRSP betuig sy opregte meegevoel met al Hannes se geliefdes.

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC Leier

Jurg Prinsloo SC.  Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.