Verklaring

Ek het onlangs verneem van die  afsterwe van twee mega-Springbokstoeiers van die Wesrand. Danie Brits is vyf maande gelede oorlede en sy boesemvriend, Danie Voges, vandeesweek. Ek dink met heimwee terug aan die keer toe ek hulle en my jarelange vriend, Johan van Zyl, wat saam met hulle professioneel gestoei het, as my gaste vir ete onthaal het in die parlement se eetsaal. Dit was in die vorige politieke bedeling, terwyl ek lid van die Volksraad was. Die reaksie van die aanwesiges toe ek saam met hierdie drie reuse die eetsaal binnestap, is prysloos. Namens myself en die Afrikaner Selfbeskikking Party betuig ek ons opregte meegevoel met die twee Danies se familie en vriende. Die twee was geliefd in die geledere van ons mense. Ons sal hulle nie vergeet nie. Adv. Jurg Prinsloo SC, Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party. 22/1/2021.