Willie Cloete

Mnr. Willie Cloete

GEBORE: 11 Julie 1957 In Bloemfontein

KWALIFIKASIES: B.Comm(Bestuurwese)UNISA ;Senior Bestuursprogram Universiteit Pretoria.

GETROUD: Met Elize Rheeder in 1985, oud onderwyseres en tans werksaam by prokureursfirma.

KERK: Geloofsbond van Hervormde Gemeentes, Theresapark. Dien vir baie jare in Kerkraad en hoof van Kategese.

1957-1965 Woon in Brandfort Vrystaat . Begin hier my Graad 1 jaar.

1965 Verhuis na Hillary in Durban. Voltooi my skoolloopbaan in Durban en matrikuleer by Hoërskool Werda in 1975.

Woon tans in Florauna, Pretoria.

WERKSLOOPBAAN: Begin Desember 1975 by SAS&H as klerk in finansies in Durban, word bevorder na SAL Jan Smuts Lughawe as Seniorklerk. Plaas oor na Pretoria en eindig na verskeie bevorderings as Area-Bestuurder Metrorail(Transnet) in Pretoria. Daarna betree ek die sakewêreld  op 40-jarige ouderdom. Tans eienaar van Arbeidskonsultasie firma en adviseer ook kliënte oor sake geleenthede. Doen ook ad hoc projekte.

POLITIEKE LOOPBAAN

Was van jongs af geïntresseerd in wat in ons land aangaan. Een van my stokperdjies is lees oor verskeie onderwerpe. Ek lees veral nuus wat op sosiale media versprei word vanuit betroubare bronne. My Moeder  was my inspirasie wat politiek aanbetref. Sy was vir jare sekretaresse van Umlazi, Durban se NP-kiesafdeling.

My belangstelling was ernstig geprikkel na die stigting van die KP en Dr Treurnicht se eerste openbare vergadeing in Pretoria Stadsaal.

Met my verhuising na my troue in 1985, na Akasia het ek by die KP ingeval en die eerste tak daar gestig. Ek was ook die voorsitter van die  Inwonersvereniging van ons omgewing. Later word ek verkies as sekretaris van die  Wonderboom kiesafdeling, met oom Willie Horn as voorsitter. Ek het juis onlangs my notuleboek van daardie tyd  opgediep.

Na die 1994 fiasko het ek my onttrek uit die politiek. Ek is in 2011 deur Wouter Hoffman, oud Hoof- Sekretaris van die KP oorreed om terug te keer na die politiek. Hy het ten doel gehad om die VF+ op die regte pad te plaas van selfbeskikking. Ek het baie vining Onder-Leier geword van Pretoria. Ek het gedurende hierdie tyd aktief selfbeskikking gepropageer. Ek het ook  as raadslid gestaan tydens een van die munispale verkiesings. Daarna was daar ‘n verkiesing vir posisies in die VF+ strukture, maar met vuil taktiek is daar verhoed dat ek in die Gauteng provinsie strukture opgeneem sou word. Waarna ek Pieter Mulder uigedaag het om te sê wat doen hulle vir SELFBESKIKKING. Sy antwoord was so wyd, dat ek tot vandag nog nie kon agterkom wat hy wou sê nie. Hierna bedank ek  en uiteindelik by die stigting gekom van Front Nasionaal, wat nou Afrikaner Selfbeskikking Party heet.