WEES TROTS EN STAAN OP AFRIKANERHoekom moet ons skaam wees vir wie en wat ons is en wat ons bereik het van 1652 af.Daar is na 1994 die persepsie dat ons aandadig was aan verskeie misdrywe. Een daarvan is Malema en die ANC se verkondiging dat ons grond gesteel het. Malema moet gerus navorsing gaan doen oor die geskiedenis en sal dan tot die besef kom, dat hyself ook 'n "settler" van Noord-Afrika af is.Ons het van 1652 af die land opgebou met vernuf en deursettingsvermoë tot een van die modernste state in Afrika. Daar was niks afgebreek nie, ons het net opgebou.Ons as Afrikaner Volk moet weer opstaan en ons laat geld in hierdie land en ophou om soos 'n klein hondjie stert tussen die bene rond te loop oor die skuldgevoel wat die vyandige liberale en kommuniste in ons kele afdruk en wat ons laat glo dat ons die slegte burgers is van die land.Dit kan net gedoen word as die volgende elemente teenwoordig is in ons mense:1 WEES TROTS1.1) Wees trots op JOUSELF vir wie en wat jy is, dat jy ‘n witman is en nie skaam is om dit te sê nie.1.2) Wees trots dat jy DEEL IS VAN 'N VOLK en nie net ‘n opdrifsel van die samelewing is, soos ons liberale teenstanders wil hê ons moet wees nie. Wees trots op waar jy vandaan kom, daar is niks om oor skaam te wees nie.2 GELOOF Jy moet ‘n vaste geloof hê, dat die DROOM om jouself te regeer verwesentlik sal word met harde werk en met die hulp van ons Hemelse Vader.3 ERFENISWees trots op jou erfenis. Ons het niks om oor skaam te wees nie.Ons Voorvaders het nie die ander volke uitgewis nie, maar inteendeel hulle beskerm teen hulle eie mense en vir hulle vryheid gegun in hulle eie state.4 GESKIEDENIS Wees weer bewus van jou geskiedenis. Neem uit die verlede wat goed is en bou jou toekoms daarop.Die Afrikaner Selfbeskikking Party se beleid is skoon en eenvoudig, ons wil net onsself regeer soos alle vrye Volke in die wêreld. Ons eis net dit op, wat ons ook ander volke gun en wat al opgeis is deur ander.Selfbeskikking is nie 'n droom nie. Daar is al oorloë gevoer om volke se selfbeskikking te behou. Daar is selfbeskikking opgeis in die onlangse verlede, dus moet nie met verskonings kom, dat dit, of dat, ons gaan verhoed om ons Vryheid terug te kry nie.Ons binne die AFRSP wil egter daardie wil in ons Volk wakker maak om weer op te staan en in massas daardie reg opeis. Dit is juis nou relevant, want ons as Volk is geoormerk om uitgewis te word as mens na uitsprake luister van politici soos Malema .Die AFRSP erken en bely die beskikking van God Almagtig in die lotgevalle van volke en nasies, en aanvaar die Heilige Skrif soos vervat in die Bybel as die onfeilbare woord van God. Ons moet egter nie net bid nie, maar ons verstand en kragte gebruik as Afrikaner Volk wat aan ons gegee is en dit juis gebruik om ons uit die gemors te lig, wat geskep is deur verraad van ons eie mense en beloftes wat hulle geweet het nie gestand gehou kan word nie.Die afgelope jaar het duidelik vir ons uitgespel, dat die regerende ANC stel nie in ons as Volk belang nie en sal eerder alles afbreek. Ons kry nie eers die aalmoese nie, net vir die sogenaamde agtergeblewendes word voor gesorg in die grendeltyd.Die tyd om op te staan is nou.Staan op my Volk en wees getel.Willie CloeteOnder LeierAfrikaner Selfbeskikking Partywww.afrikanerselfbeskikkingparty.co.za... See MoreSee Less
NASIONALISME/KONSERWATISMEDie twee woorde is soos 'n rooi vlag voor 'n bul vir die liberaal en almal wat ons wil vernietig.KONSERWATISMEKonserwatisme :Gaan oor die behoud van wat 'n Volk tot op die stadium staande laat bly het soos Familie bande,Familie waardes en Christelike waardes.Nou AFRSP staan al die waardes voor en wil dit weer vestig tussen ons mense.Ons moedig almal aan om tien tree terug te gee en weer daar waardes en bande optel vir ons om vorentoe te beweeg.NASIONALISMEVolgens die HAT woordeboek beteken Nasionalistiese beginsel:Beginsel waarvolgens elke volk die reg het om "n eie onafhanklike staat te vorm.Dit is weereens die beginsel wat AFRSP voorop stel in ons program van beginsels.Ons glo ons het 'n plek verdien en verower in die land om ons regmatige deel op te eis en ons eie staatsvorm daar te laat geld.Maar wees gewaarsku die liberalis en ander magte sal ons beveg op alle gebiede want dit is nie tot hulle voordeel nie.Daarom Volksgenote staan sterk saam met AFRSP om die twee beginsels te laat seevier.Willie Cloete ... See MoreSee Less
MEDIAVERKLARING (English version below)Pretoria13 Maart 2021Uitgereik deur Adv Jurg Prinsloo SCLeier, Afrikaner Selfbeskikking PartyKontak: leier@afrsp.org.zaVir onmiddelllike uitreikingONDERWERP : AFSTERWE VAN DR FERDI HARTZENBERGDie Afrikaner Selfbeskikking Party (“AFRSP”) betuig sy opregte meegevoel met die familie en vriende van dr. Ferdi Hartzenberg, in lewe die laaste leier van die Konserwatiewe Party van Suid-Afrika, met die afsterwe van dr. Hartzenberg op 12 Maart 2021 in die ouderdom van 85 jaar.Die AFRSP bid dr. Hartzenberg se familie en vriende die vertroosting van die Here toe. MEDIA STATEMENT (Afrikaanse weergawe hierbo)Pretoria13 March 2021Issued by Adv Jurg Prinsloo SC Leader, Afrikaner Self-determination PartyContact: leier@afrsp.org.zaFor immediate releaseSUBJECT: PASSING OF DR FERDI HARTZENBERGThe Afrikaner Self-determination Party (“AFRSP”) conveys its sincere condolences to the family and friends of Dr. Ferdi Hartzenberg, in life the last leader of the Conservative Party of South Africa, on his passing on 12 March 2021 at the age of 85.The AFRSP prays that the family and friends of Dr. Hartzenberg will be blessed with the solace of God. ... See MoreSee Less
Geagte volksgenote, ons almal besef sekerlik in watter gemors ons land verkeer as gevolg van die ANC-regering.Ons MOET uit hierdie omdedrukkende staatkundige bedeling kom. Die Afrikaner Selfbeskikking Party is ons enigste hoop daarvoor.Die party werk onverpoos, en is tans besig met kritiek-belangrike voorbereiding om Volkeregtelik ons selfbeskikkingsreg af te kan dwing.Al die lede van hierdie volksparty is gewone werkende mense soos u en ek. En daar is noodwendig onkoste verbonde aan die werk wat die party doen en nog moet doen in die nabye toekoms. Ons kan nie verwag dat slegs die kerngroep wat die werk uit hul liefde vir ons, die Afrikanervolk, en ons mede-patriotte van Europese afkoms doen, daardie onkoste alles uit hul eie sakke moet dra nie.Kom ons dra binne ons elkeen se vermoë by tot die bedryfskoste van die party deur middle van ʼn gereelde maandelikse bydrae in die party se bankrekening - verkieslik met ʼn debietorder wat verseker dat ons elke maand ons bydrae maak.Dink net: As 1000 van ons die koste van een gemiddelde hamburger ( R 35-00) per maand aan die party skenk, gee ons R 35 000-00 per maand aan die party!!Die party se bankbesonderhede is: ABSA BankRekeningnommer 4084235980U kan dieselfde Bank Rekeningnommer gebruik vir aftrek orders.Tak: Hatfield, Pretoria.Met hartlike Volksgroete.Chris Greyling. ... See MoreSee Less
Die webwerf gebruik cookies om die gebruiker se gebruik te verbeter. Ons vertrou u is gemaklik met dit, in dien nie kan u dit af skakel. Cookie settingsAanvaar
Privacy & Cookies Policy
Privaatheids Oorsig / Privacy Overview
Hierdie webwerf gebruik koekies om u ervaring te verbeter terwyl u deur die webwerf navigeer. Uit hierdie koekies word die koekies wat as noodsaaklik gekategoriseer is, in u blaaier geberg, aangesien dit noodsaaklik is vir die werking van basiese funksies op die webwerf. Ons gebruik ook cookies van derdepartye wat ons help om te ontleed en te verstaan hoe u hierdie webwerf gebruik. Hierdie koekies word slegs met u toestemming in u blaaier geberg. U het ook die opsie om hierdie koekies uit te teken. Maar om van sommige van hierdie koekies te onttrek, kan dit 'n uitwerking op u blaai-ervaring hê.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these cookies, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may have an effect on your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. This category only includes cookies that ensures basic functionalities and security features of the website. These cookies do not store any personal information.
Enige koekies wat nie nodig is om die webwerf te laat funksioneer nie, en wat spesifiek gebruik word om persoonlike data van gebruikers te versamel via analise, advertensies en ander ingebedde inhoud, word nie-noodsaaklike koekies genoem. Dit is verpligtend om toestemming van gebruikers te verkry voordat u hierdie koekies op u webwerf gebruik.
Any cookies that may not be particularly necessary for the website to function and is used specifically to collect user personal data via analytics, ads, other embedded contents are termed as non-necessary cookies. It is mandatory to procure user consent prior to running these cookies on your website.