Geagte gebruiker eem asb kennis dat ons huidiglik op geen ander sosialle netwerkke betrokke is nie., behalwe op Facebook.
Die Instagram rekening wat wel bestaan word tans nie deur ons beheer nie. Daar sal ‘n nuwe profiel in die toekoms geskep word.
Baie dankie vir u ondersteuning.

U kan wel van ons portofielië op Facebook besoek en gbruik.
Sien die nuutste facebook toevoegings hieronder
Afrikaner Selfbeskikking Party
1 week ago
WAT KAN JY VIR GOD EN JOU VOLK DOEN.
Ons as 'n Volk moet gaan stil sit en vir ons 'n paar vrae, vrae in die Nuwe Jaar.
VIR GOD
1) Wat kan ek vir my God doen en nie net vrae en net wil ontvang nie.Daar kan meer aktief uitgereik word na mede Volksgenote en die afgedwaaldes terugbring na God ons Hemelse Vader sonder hom aan ons sy is ek as 'n enkeling en Volk niks nie.Hoe kan ek my Volk beinvloed om op God te vertou en leiding te vra in die jaar 2021.
Alles dui daarop dat 2021 een van die waterskeiding jare vir ons Volk gaan wees.Ons het dit nodig om naby ons God te beweeg in daad en voorbeeld.Daar moet opgekyk word na die Afrikaner Volk as 'n Volk wat die Hemelse Vader erken as die enigste God en niks anders nie.Jy moet geroepe voel om vir God iets te doen in die jaar en sal geseën word.
2) VIR MY VOLK
Ons doen te min vir mekaar en lewe bymekaar verby.
My mede Volksgenoot het dalk hulp nodig hoe kan ek help al is dit ook iets klein.
Elkeen in die Volk is GEROEP tot diensbaarheid.Daar sal woorde opduik soos ek is nie 'n leier nie ek kan nie ens.
Nee jy kan diensbaar wees sonder om 'n leier te wees.Die verhaal van die miere is 'n goeie illustrasie elkeen werk saam en ons sorg vir almal.
Bring net jou eie beskeie of groot deel soos jy kan om ons Volk weer op koers te kry.
Hoe? Bemoedig mekaar ,moet nie mekaat afkraak nie maar bou eerder vriendskappe en leer mekaar verstaan elkeen van ons is uniek.Werk saam aan projekte om ons mense wat slegter daaraan toe is te help om uit hulle moeras uit op te staan.Sluit aan by 'n Volksorganisasie en propageer die dinge.
Volksorganisasies maak dit julle missie om iets vir ons Volk te doen prakties en nie net praat sessies hou nie.
Die leiers tussen ons staan op om getel te word.Wees die voorloper in jou organisasie en begin aksies loods om ons Volk bymekaar te kry en organisasie neem mekaar se hande en begin saamwerk.Dit is noodsaaklik vir ons Volk se oorlewing.
Vind jou sterkpunt en val daarin.Het sy dit maatskaplike werk is ,het sy dit geld insameling is om ons mense te help.Is jy goed in enige ambag of ander kundigheid bied dit aan vir jou Volk dat ons kan uitstyg begin werklike aksies om vir ons werklose mense werk te verkry deur aksies sodat hulle,hulle self kan help.
Indien jy voel jy wil met politiek behulpsaam wil wees jy weet waar om te klop Afrikaner Selfbeskikking Party want self dit is nodig om ons uit die gemors te kry.Volksgenote ons wat hierdie kan lees is bevoorreg want ons het meer as ander wat absoluut niks het nie daarom staan op om getel te word.
Ons Volk word vernietig omdat ons niks vir mekaar omgee nie en net die eie EK nastreef solank dit my goed gaan is dinge wel.
Dit sal eers weer met ons as 'n VOLK goedgaan as ons as 'n VOLK mekaar weer sal vertrou en getrou wees aan onse GOD.
Daarom Volksgenote STAAN OP.
Dit is my bede vir my VOLK.
Willie Cloete
Onder Leier
AFRSP ... See MoreSee Less
Afrikaner Selfbeskikking Party
2 weeks ago
Nuwejaarsboodskap vir 2021.
Uitgereik deur Adv. Jurg Prinsloo SC, Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.
Pretoria. 31 Desember 2020.
Geagte dames en here,
1) Wanneer ons vandag nie in ons huise of kantore is nie, mag ons nie in enige openbare plek wees nie, tensy ons maskers dra wat ons monde en neuse bedek.
2) Ons mag nie enige openbare park binnegaan nie, tensy daar bestaande toegangsbeheer is.
3) Dan mag ons ook nie ons wonings verlaat tussen 21:00 en 06:00 nie, tensy dit noodsaaklik geag word deur die regering dat ons so mag doen vir ʼn doel wat hulle bepaal het.
4) Ons mag volgens die regering nie in die twee weke nadat die nuutste regulasies afgekondig is, enige politieke vergadering saam met ander mense hou of bywoon nie.
5) Ons mag eerskomende Sondag en volgende Sondag nie enige geloofsbyeenkoms, soos byvoorbeeld ʼn erediens, saam met ander mense bywoon nie.
Hierdie scenario het al te “gewoon” geword sedert 28 Maart 2020.
Die regering het nie die honderde biljoene rand wat hulle ontvang het om die verklaarde Covid 19 pandemie te bestry, doelmatig gespandeer nie. In plaas van met daardie die geld te sorg dat gepaste medies-gebaseerde voorsorgmaatreëls getref word om ons lewens te normaliseer, volhard die regering met die uitvaardiging van regulasies wat ons bewegings, sosiale verkeer en vermoë om ʼn inkomste te verdien, inperk nadat reuse-bedrae uit die hulpfondse deur korrupsie verlore geraak het.
In 2021 kan ons nie enige verbetering in toestande onder hierdie regering verwag nie. Trouens, die voorheen uitgestelde onteiening van ons bates deur die regering vir herverdeling onder donkervellige mense lê onder andere voor in 2021. Terroristiese moorde op ons mense, en ander misdaad teen ons, duur onverpoosd voort. Terselfdertyd blyk dit uit die regering se optrede en uitlatings duidelik dat hulle onverskillig is daaroor. Diskriminasie teen ons in die arbeidsveld, gegrond op ons velkleur, word steeds deur hierdie regering en sy ontplooide kaders verskerp.
Ons glo egter vas dat God ons daartoe in staat wil stel om Hom in veligheid en vrede te kan dien.
Die enigste wyse waarop ons van die toenemende institusionele rassistiese, kommunistiese onderdrukking van ons volk en die vernietiging van Suid-Afrika verlos kan word, is om beslaggewing te bewerkstellig van die Afrikanervolk se Volkeregtelike reg op selfbeskikking in ʼn eie volkstaat onder sy eie regering.
Daarvoor is dit nodig dat die Afrikanervolk en anderstalige Suid-Afrikaanse patriotte van Europese afkoms wat hul beywer vir die selfbeskikking van die Afrikanervolk, dringend konsolideer en aansluit as lede van die Afrikaner Selfbeskikking Party. Die party het al baie voorbereidingswerk in verband met die verkryging van ʼn volkstaat gedoen, maar die party het die volk dringend nodig om verder te vorder.
Deur die getalle van ons lede kan ʼn bewysbare mandaat aan die party gegee word om indiwidueel, en saam met ander politieke organisasies wat dieselfde doelwit nastreef, namens die Afrikanervolk die nodige formele stappe ooreenkomstig die Volkereg te neem om die volkstaat-ideaal te verwesenlik. Tyd is op hierdie stadium uiters kosbaar. Die omstandighede waarin ons verkeer, versleg vinnig, soos ons almal kan sien.
Aansoeke om lidmaatskap kan op die party se webblad by www.afrsp.org.za gevind en ingedien word. Ons is verheug oor die groot getal persone wat reeds van hierdie fasiliteit gebruik gemaak het om aan te sluit sedert dit onlangs beskikbaar gestel is.
Aan elkeen wat in die jaar wat nou ten einde loop, sy of haar deel gedoen het om ons strewe na selfbeskikking te verwesenlik, hartlike dank. Dit was, en is, ʼn voorreg om saam met u die volksaak te dien. Aan die van u wat by ons gaan aansluit, by voorbaat welkom en hartlik dankie.
Ek bid dat God aan ons Sy genade betoon dat ons in staat sal wees om in hierdie komende twaalf maande die dinge gedoen te kry wat noodsaaklik is vir die bereiking van ons doelwit van selfbeskikking in ons eie volkstaat onder ons eie regering.
New Year Message for 2021.
Issued by Adv. Jurg Prinsloo SC, Leader, Afrikaner Self-determination Party.
Pretoria. 31 December 2020.
Dear ladies and gentlemen,
1) When we are not in our homes or offices today, we are not allowed to be in any public place unless we wear masks which cover our mouths and noses.
2) We are not allowed to enter any public park unless access control already exists at that park.
3) Then we may also not leave our homes between 21:00 and 06:00, unless it is regarded by the government as essential to be done.
4) According to the government we may not hold or attend any political gathering with any other people.
5) We may not attend any faith-based gathering such as attending a sermon together with other people, on this Sunday or next Sunday.
This scenario has become all too “usual” since 28 March 2020.
The government did not spend the hundreds of billions of rand which they received to battle the announced Covid 19 pandemic, appropriately. Instead of ensuring that appropriate medically based precautionary measures were taken with the money to normalize our lives, the government persist with the promulgation of regulations which curtail our movements, social interaction and ability to earn an income after gigantic amounts of aid were lost due to corruption.
In 2021 we cannot expect any improvement in the conditions under this government. As a matter of fact, the previously postponed expropriation of our property by the government for redistribution among dark-skinned people awaits us amongst other things in 2021. Terrorist murders of our people, and other crime perpetrated against us, continue unabated. At the same time the actions and pronouncements of the government clearly indicate that they are indifferent about it. Discrimination against us in the field of labour, based on the colour of our skins, is continuously increased by this government and its deployed cadres.
We however absolutely believe that God wants to enable us to serve Him in safety and peace.
The only way in which we can be liberated from the increasing institutional racist communist oppression of our people and the destruction of South Africa is to give effect to the Afrikaner people’s right to self-determination in terms of International Law in an own Afrikaner state under our own government.
For that purpose it is necessary for the Afrikaner people and other South African patriots of European descent who strive for the self-determination of the Afrikaner people to urgently consolidate and join the Afrikaner Self-determination Party as members. The party has already done a lot of preparation in respect of the attainment of an Afrikaner state, but the party urgently needs the people to advance.
By means of the number of our members a provable mandate can be given to the party to individually, and with other organizations which strive for the same outcome, take the necessary formal steps in terms of International Law to fulfill the ideal of an Afrikaner state. Time is precious at this stage. The circumstances in which we find ourselves are deteriorating quickly, as we all can see.
Applications for membership can be found and submitted on the website of the party at www.afrsp.org.za. We are delighted about the large number of persons who have already made use of this facility to become members since it was made available.
To everyone who did his or her part to realize our ideal of self-determination, my sincere thanks. It was, and is, a privilege to serve the interest of our nation with you. To those of you who are going to join us as members, welcome and thank you in advance.
I pray that God will enable us by his mercy to do the things necessary to be done in the next twelve months to realize our ideal of self-determination in our own state under our own government. ... See MoreSee Less
Afrikaner Selfbeskikking Party webwerf
www.afrsp.org.za
Besoek asb die Afrikaner Selfbeskikking Party se webwerf vir meer informasie.Afrikaner Selfbeskikking Party
2 weeks ago
BAIE BELANGRIK LEES EN VERSPREI
MEDIAVERKLARING (English version below)
PRETORIA, SUID-AFRIKA
30 Desember 2020
UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
ONDERWERP: REGERING SE VERBOD OP GODSDIENSTIGE EN POLITIEKE BYEENKOMSTE
Die Afrikaner Selfbeskikking Party (“AFRSP”) veroordeel die kommunistiese ANC-regering se absolute verbod op godsdienstige, en politieke, byeenkomste vir twee weke in terme van noodtoestand-regulasies 36(3) en 36(4) onderskeidelik, gedateer 28 Desember 2020.
Die kommunistiese ANC-regering begin al meer sy kleure as outokratiese minagters van godsdiens en van die regte van politieke opponente wys. Hierdie regulasie maak ʼn bespotting van die bepalings van onderskeidelik artikels 9(1), 9(3),15(1), en 19(1)(b) en (c) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
Die AFRSP dring daarop aan dat die betrokke absolute verbiedinge onmiddellik herroep word.
Jurg Prinsloo SC.
Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.
MEDIA STATEMENT
PRETORIA, SOUTH AFRICA
30 DECEMBER 2020
ISSUED BY ADV. JURG PRINSLOO SC, LEADER, AFRIKANER SELF- DETERMINATION PARTY
FOR IMMEDIATE RELEASE
CONTACT NUMBER: 0824142687
E: leier@afrsp.org.za
SUBJECT: THE GOVERNMENT’S PROHIBITION OF RELIGIOUS AND POLITICAL GATHERINGS
The Afrikaner Self-determination Party condemns the communist ANC government’s absolute prohibition of faith-based and political gatherings for two weeks in terms of regulations 36(3) and 36(4) respectively of the State of Disaster regulations dated 28 December 2020.
The communist ANC government is increasingly showing contempt for religion and the rights of political opponents. This regulation makes a complete mockery of respectively sections 9(1), 9(3), 15(1) and 19(1)(b) and (c) of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996.
The AFRSP insists on the immediate repeal of the said absolute prohibitions.
Jurg Prinsloo SC.
Leader, Afrikaner Self-determination Party. ... See MoreSee Less
Afrikaner Selfbeskikking Party
2 weeks ago
MEDIAVERKLARING (English version below)
PRETORIA, SUID-AFRIKA
29 Desember 2020
UITGEREIK DEUR ADV. JURG PRINSLOO SC, LEIER, AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
ONDERWERP; AFSTERWE VAN MNR . LOUIS VAN DER SCHYFF, HOOFSEKRETARIS VAN DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY
Die Afrikaner Selfbeskikking Party het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van die Hoofsekretaris van die Herstigte Nasionale Party , mnr. Louis van der Schyff, op Maandag 28 Desember 2020 op die ouderdom van 70 jaar.
Mnr.Van der Schyff was alombekend as ʼn mede-Afrikaner met ʼn onblusbare liefde vir sy volk en ʼn lewe van self-opofferende toewyding aan die stryd vir die vryheid van daardie volk.
Sy bydrae tot daardie vryheidstryd sal veral in hierdie tyd gemis word, maar die invloed daarvan op die toekoms van die Afrikanervolk kan nie onderskat word nie en sal nie vergeet word nie.
Die Afrikaner Selfbeskikking Party betuig sy innige meegevoel met sy weduwee, kinders, ander familie-lede, vriende en kollegas en bid hulle Gods ryke vertroosting toe.
Jurg Prinsloo SC.
Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.
MEDIA STATEMENT
PRETORIA, SOUTH AFRICA
29 DECEMBER 2020
ISSUED BY ADV. JURG PRINSLOO SC, LEADER, AFRIKANER SELF- DETERMINATION PARTY
FOR IMMEDIATE RELEASE
SUBJECT: PASSING OF MR. LOUIS VAN DER SCHYFF, CHIEF SECRETARY OF THE HERSTIGTE NASIONALE PARTY
The Afrikaner Self-determination Party has learnt with sadness of the passing of the Chief Secretary of the Herstigte Nasionale Party, Mr Louis van der Schyff, on Monday 28 Decemeber 2020 at the age of 70 years.
Mr Van der Schyff was widely known as a fellow-Afrikaner with an inextinguishable love for his people and a life of selfless commitment to the struggle for the freedom of that people.
His contribution to that struggle will especially be missed during this time, but its effect on the future of the Afrikaner people can not be underestimated and will not be forgotten.
The Afrikaner Self-Determination Party conveys its sincere condolences to his widow, children, other family, friends and colleagues and pray that God will comfort them.
Jurg Prinsloo SC.
Leader, Afrikaner Self-determination Party. ... See MoreSee Less
Afrikaner Selfbeskikking Party
1 month ago
afrikanerselfbeskikkingparty.co.za
EFF SE ONDERLIGGENDE POLITIEKE STRATEGIE WEEREENS ONTBLOOT DEUR BEVINDING VAN GEEN RASSISME BY PARTYTJIE VAN BRACKENFELL HOëRSKOOLLEERLINGE