Adv Jurg Prinsloo SC

Nuwejaarsboodskap

 Nuwejaarsboodskap van adv. Jurg Prinsloo SC, Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.

31 Desember 2022

Die Afrikanervolk was nog selde, indien ooit in die geskiedenis, so in gevaar om as volk uitgewis te word, as nou.

Deur die toedoen van roekelose optrede uit Afrikanergeledere is ons land en ons vryheid in 1994 weg geteken aan die anti-blanke kommunistiese ANC en hul politieke meelopers.

Blanke kiesers is in 1994 deur ʼn Afrikaner-generaal en sekere ambisieuse Afrikaner-politici belowe dat hulle eers die Afrikanervolk se vryheid met ʼn sogenaamde “Akkoord” kon wegteken aan die ANC en daarna ʼn Afrikaner volkstaat deur onderhandeling met die einste ANC onderhandel.

Van daardie belofte het niks gekom nie. Die aanvanklike voorbokke het bloot vir hulself stywe parlementêre of diplomatieke salarisse verseker en teen 2016 dieselfde politieke multikulturalisme-beleid aangeneem en bedryf as FW de Klerk se Nasionale Party in 1994.

Op elke lewensterrein is daar sedert 1994 ǹ openlike linkse heksejag aan die gang wat ten doel het om ons volk uit te wis.

Duisende volksgenote is reeds sedert die ANC se bewindsoorname op die gruwelikste terroristiese wyses vermoor en vermink, terwyl die ANC -president die moorde oorsee ontken, en donkervellige mense in verskeie van sy toesprake openlik teen ons volk opsweep. 

 Afrikaanse skole, universiteite en kolleges word doelgerig deur wetgewing afgeskaf.

In al meer geregshowe, die sakewêreld en sportwêreld word gebruik van ons taal doelbewus uitgefaseer. Die gevolg is onder andere dat al minder deskundige Afrikaanse outeurs vakkundige bronne in Afrikaans publiseer en studente gevolglik hul vakkundige navorsing in Engels moet doen. Die skatkis van Afrikaanse vakkundige terme gaan tot niet.

In die arbeidsveld word ons volksgenote doelbewus uitgedruk uit betrekkings en vervang met mense van ander kulture en ander velkleure.

 Ons sake-ondernemings word deur middel van kommunistiese wetgewing vernietig. Die onlangse tweejaarlange Covid 19 inperkings het duisende klein sake-ondernemings vernietig.

In die parlement en ander wetgewende liggame word ons taal doelbewus uitgedruk deur toenemend slegs Engels en ander amptelike tale, maar nie Afrikaans, wat die derde mees gesproke taal in die land naas isiZulu en isiXhosa is, in wetgewing te gebruik.

Die kommunistiese ANC-regering is nou selfs besig om saam met hul ander linkse “comrades” met wetgewing stappe te neem om ligvelliges soos ons se bates te onteien sonder vergoeding.

Maar die Afrikanervolk het ǹ Volkeregtelike reg tot selfbeskikking, dit wil sê die reg om oor homself te regeer in sy eie grondgebied sonder enige inmenging deur enigiemand anders.

Die Afrikaner Selfbeskikking Party, afgekort “AFRSP”, is die politieke party wat, soos sy naam aandui,  weer aan daardie onvervreembare reg van die Afrikanervolk beslag kan en wil gee deur die skepping van ǹ Afrikaner volkstaat.

Ons kan dit doen, maar daarvoor het ons ingevolge die Volkereg  ons mense se duidelike ondersteuning (“mandaat”) nodig. Elke Afrikaner en anderstalige Suid-Afrikaner van Europese afkoms wat hom met ons volk se strewe na selfbeskikking vereenselwig, het nou die geleentheid om by die AFRSP aan te sluit en so daardie ondersteuningsbasis te help bevestig waarmee ons op Volkeregtelike wyse aan ons selfbeskikkingsreg beslag kan gee.

Intussen moet ons almal kennis neem dat die openbare mening nou sodanig teen die ANC gedraai het, dat hulle self vrees dat hulle die verkiesing in 2024 kan verloor. Zuma het gesê die ANC sal regeer tot die Wederkoms. Duarte het chaos voorspel as die ANC die regeringsmag sou verloor. Dit, saam met die openlike rewolusie-beleid van die EFF, skep ʼn gevaarlike rewolusionêre klimaat waarteen elke vredeliewende Suid-Afrikaner hom/haar en hul geliefdes betyds moet voorberei.

DIE KEUSE IS ONS MENSE S’N.  DIE TYD IS MIN. SLUIT IN 2023 BY DIE AFRIKANER SELFBESKIKKING PARTY AAN. DIE PARTY EN U VOLK HET U NODIG!!

Aansoekvorms vir lidmaatskap kan op die Afrikaner Selfbeskikking Party se webtuiste www.afrsp.org.za ingevul word, of verkry word deur dit aan te vra by die volgende e-posadres: admin@afrsp.org.za

Vir enige verdere navrae kan u 082 2608 911 skakel.

Seënwense vir 2023 !