Ná afloop van nog ʼn jaar van beproewing het ons volk rede om ontevrede te wees met ons omstandighede:
Langdurige inperkings deur die kommunistiese ANC-regering van Suid-Afrika onder die vaandel van die Covid 19 regulasies wat nie net die bevolking verarm het, besighede vernietig het, werkloosheid tot die hoogste vlak laat toeneem het, en die land se kredietwaardigheid tot die laagste vlak laat daal het nie, maar selfs godsdienstige byeenkomste lank verbied het, misdaad wat op alle vlakke van die samelewing, insluitend die regering, nou duidelik buite beheer geraak het, koorsagtige pogings van die regering om sy kommunistiese agenda vir Suid-Afrika deur te voer met onteiening van eiendom sonder vergoeding, vals propaganda teen witmense (in besonder Afrikaners) om die openlike diskriminasie teen hulle op alle vlakke van die samelewing te probeer regverdig, aggressiewe kommunistiese indoktrinering van die jeug in die staatsbeheerde opvoedkundige instellings, en ʼn regstelsel wat al meer en meer misbruik word vir hierdie agenda.
Maar dan het ons pas die 1838-Gelofte op 16 Desember herdenk, en vier ons Kersfees weer vanjaar soos elke jaar op 25 Desember. Daardeur word ons herinner dat geen magte of owerhede die wil van God ongedaan kan maak nie en dat ʼn Godsvolk van die liefde en genade van God vir hulle verseker is.
Elke jaar vier die Afrikanervolk Kersfees vir een doel: Om die geboorte van ons Verlosser Jesus Christus, die Seun van God die Vader, te vier.
Laat ons volk in woord en daad so ʼn Godsvolk wees !
Die Afrikaner Selfbeskikking Party wens alle mede-Christene ʼn geseënde Kersfees op 25 Desember 2021 toe.
Uitgereik te Roodepoort op 24 Desember 2021 ( English version below)
Kontak:
Sel: 0824142687
Issued at Roodepoort on 24 December 2021 (Afrikaans version above)
Contact:
Cell: 0824142687
Christmas message of Adv Jurg Prinsloo SC, leader of the Afrikaner Self-determination Party.
After another year of tribulation our people has reason to be dissatisfied with their present circumstances:
Extended banning by the communist ANC government of South Africa under the banner of the Covid 19 regulations which have not just impoverished the population, destroyed businesses, escalated unemployment to the highest level and the country’s creditworthiness to the lowest level, but even prohibited religious meetings for long, crime which has now become totally out of control, feverish efforts of the government to implement its communist agenda by means of expropriation of property without compensation, false propaganda against white people (especially Afrikaners) to try to justify the discrimination against them at all levels of the community, aggressive communist indoctrination of the youth in the state-controlled educational institutions, and a justice system which is increasingly being abused for this agenda.
But then we have recently commemorated the 1838 Vow on 16 December and we will again celebrate Christmas on 25 December as we always do. By doing so we are reminded that no powers or authorities can undo the will of God and that God’s people is assured of the love and mercy of God for it.
Every year we celebrate Christmas for only one purpose: To celebrate the birth of our Saviour, Jesus Christ, the Son of God the Father.
Let our people be such a God’s people in our words and conduct !
The Afrikaner Self-determination Party wishes all our fellow-Christians a blessed Christmas on 25 December 2021.