AFRSP Embleem

Nuwe leiergroep van die Afrikaner Selfbeskikking Party

Nuwe leiergroep van die Afrikaner Selfbeskikking Party: Tydens die Nasionale Kongres van die Afrikaner Selfbeskikking Party gister, 4 Desember 2021, in Roodepoort, is die volgende nuwe leiergroep van die Afrikaner Selfbeskikking Party (“AFRSP”) verkies: Leier en ampshalwe voorsitter van die dagbestuur: Adv Jurg Prinsloo SC. Onderleier en ampshalwe ondervoorsitter van die dagbestuur asook operasionele bestuurder van die AFRSP: Adv Pieter Aucamp. Sekretaris en tesourier: Mnr Peet Fouché. Kommunikasiebestuurder: Mnr Stephan Aucamp. Jeugverteenwoordiger: Mnr Pieter Smit. Damesverteenwoordiger: Mev Alida Fouché. Addisionele lede: Mnre George Kieser en Lukas McDonald.