ONDERWERP : AFSTERWE VAN SY MAJESTEIT KONING GOODWILL ZWELITHINI

Die Afrikaner Selfbeskikking Party (“AFRSP”) betuig sy opregte meegevoel met die koninklike familie van die Zoeloevolk en met die Zoeloevolk oor die afsterwe van Sy Majesteit Koning Goodwill Zwelithini vanoggend in die ouderdom van 72 jaar.

Die afgestorwe koning was ʼn onverskrokke leier wat die belange van die Zoeloevolk altyd voorop gestel het in sy lewe. Daarvan getuig onder andere die Ngonyama Trust wat op sy aandrang opgerig is om die aanspraak van die Zoeloevolk op eie grondgebied te beskerm.

Die Zoeloevolk en die Afrikanervolk deel ʼn onblusbare strewe na selfbeskikking, vry van vreemde oorheersing, en die AFRSP vertrou dat hierdie strewe van die twee volke sal voortleef en tot vervulling kom in die toekoms.

Mag die siel van Sy Majesteit Koning Goodwill Zwelithini in vrede rus.

Pretoria

12 Maart 2021

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC Leier

Uitgereik deur Adv Jurg Prinsloo SC

Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party

Kontak: leier@afrsp.org.za

Vir onmiddelllike uitreiking

                                                        MEDIA STATEMENT

                                                 (Afrikaanse weergawe hierbo)

Pretoria

12 March 2021

Issued by Adv Jurg Prinsloo SC

Leader, Afrikaner Self-determination Party

Contact: leier@afrsp.org.za

For immediate release

SUBJECT: PASSING OF HIS MAJESTY KING GOODWILL ZWELITHINI

The Afrikaner Self-determination Party (“AFRSP”) conveys its sincere condolences to the royal family of the Zulu people and to the Zulu people in respect of the passing of His Majesty King Goodwill Zwelithini today at the age of 72.

The late king was a fearless leader who always put the interests of the Zulu people first in his life. Evidence of this is inter alia the Ngonyama Trust which was established at his insistence to protect the claim of the Zulu people to its own land.

The Zulu people and the Afrikaner people share an inextinguishable aspiration of self -determination, free from any foreign domination, and the AFRSP trusts that this aspiration of the two peoples will live on and be fulfilled in the future.

May the soul of His Majesty King Goodwill Zwelithini rest in peace.