(English version below)
Pretoria
5 Maart 2021
Uitgereik deur Adv Jurg Prinsloo SC
Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party
Kontak: leier@afrsp.co.za
Vir onmiddelllike uitreiking
ONDERWERP : ALGEHELE BOIKOT VAN COCA COLA
Dit het onlangs aan die lig gekom dat ʼn video-opname op sosiale media sirkuleer waarvolgens Coca Cola werknemers van die maatskappy tydens ʼn opleiding-seminaar versoek het om te probeer om “minder wit” te wees, en waarin “witwees” voorgestel is as verwaand, seker, verdedigend, ydel en as om nie te luister of te glo nie. Toeskouers is volgens die video ook deur middel van ʼn skyfie meegedeel dat, om rassisme te konfronteer, dat die kykers “moet verstaan wat dit beteken om wit te wees, en wat dit beteken om rassisties te wees, uit te daag”.
Die leier van die Afrikaner Selfbeskikking Party (“AFRSP”) het gevolglik op 23 Februarie 2021 ʼn skriftelike versoek aan mnr Frank Harrison, Hoof Uitvoerende Beampte van Coca Cola, gestuur waarin hy DRINGEND bevestiging van die waarheid van die inhoud van die video-opname gevra het, en indien dit waar is, ondermeer die rede daarvoor gevra het. Nog geen antwoord is sedertdien ontvang nie.
Die AFRSP veroordeel alle vorms van rassisme en sal alles in sy vermoë doen om die onlangse wêreldwye opwelling van anti-blanke rassisme uit linkse politieke kringe te beveg.
In die omstandighede sal die AFRSP onmiddellik begin met ʼn algehele boikot van alle Coca Cola produkte. Dit sluit alle koeldrank in wat deur Coca Cola vervaardig of gebottelleer word. Alle persone dwarsoor die wêreld wat anti-wit rassisme veroordeel, word opgeroep om die boikot te ondersteun.
MEDIA STATEMENT
Pretoria
5 March 2021
Issued by Adv Jurg Prinsloo SC
Leader, Afrikaner Self-determination Party
Contact: leier@afrsp.co.za
For immediate release
SUBJECT: GENERAL BOYCOTT OF COCA COLA
It recently became known that a video recording was circulating on social media according to which Coca Cola requested employees during a training seminar to try to be “less white”, and during which “whiteness” was equated with being arrogant, certain, defensive, vain and not listening or believing. Viewers were allegedly also told by means of a slide that in order to confront racism, the viewers “must understand what it means to be white, challenging what it means to be racist”.
The leader of the Afrikaner Self-determination Party (“AFRSP”) consequently wrote a letter to the CEO of Coca Cola, Mr Frank Harrison on 23 February 2021, in which he requested the latter to URGENTLY confirm the voracity of the video and if true, among other aspects, the reason for the video.
No reply has been received to date.
The AFRSP condemns all forms of racism and will do everything in its power to combat the recent international upsurge of anti-white racism from leftwing political circles.
In these circumstances the AFRSP is from today initiating a total boycott of all Coca Cola products. This includes all cold drinks manufactured or bottled by Coca Cola. All members and supporters of the party and other people across the world who condemn anti-white racism are called upon to support this boycott.