Nuwejaarsboodskap vir 2021 AFRSP

Nuwejaarsboodskap vir 2021.

            

Uitgereik deur Adv. Jurg Prinsloo SC, Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.

Pretoria. 31 Desember 2020.

Geagte dames en here,

  1. Wanneer ons vandag nie in ons huise of kantore is nie, mag ons nie in enige openbare plek wees nie, tensy ons maskers dra wat ons monde en neuse bedek.
  2. Ons mag nie enige openbare park binnegaan nie, tensy daar bestaande toegangsbeheer is.
  3. Dan mag ons ook nie ons wonings verlaat tussen 21:00 en 06:00 nie, tensy dit noodsaaklik geag word deur die regering dat ons so mag doen vir ʼn doel wat hulle bepaal het.
  4. Ons mag volgens die regering nie in die twee weke nadat die nuutste regulasies afgekondig is, enige politieke vergadering saam met ander mense hou of bywoon nie.
  5. Ons mag eerskomende Sondag en volgende Sondag nie enige geloofsbyeenkoms, soos byvoorbeeld ʼn erediens, saam met ander mense bywoon nie.

Hierdie scenario het al te “gewoon” geword sedert 28 Maart 2020.

Die regering het nie die honderde biljoene rand wat hulle ontvang het om die verklaarde Covid 19 pandemie te bestry, doelmatig gespandeer nie. In plaas van met daardie die geld te sorg dat  gepaste medies-gebaseerde voorsorgmaatreëls getref word om ons lewens te normaliseer, volhard die regering met die uitvaardiging van regulasies wat ons bewegings, sosiale verkeer en vermoë om ʼn inkomste te verdien, inperk nadat reuse-bedrae uit die hulpfondse deur korrupsie verlore geraak het.

In 2021 kan ons nie enige verbetering in toestande onder hierdie regering verwag nie. Trouens, die voorheen uitgestelde onteiening van ons bates deur die regering vir herverdeling onder donkervellige mense lê onder andere voor in 2021. Terroristiese moorde op ons mense, en ander misdaad teen ons, duur onverpoosd voort. Terselfdertyd blyk dit uit die regering se optrede en uitlatings duidelik dat hulle

onverskillig is daaroor. Diskriminasie teen ons in die arbeidsveld, gegrond op ons velkleur, word steeds deur hierdie regering en sy ontplooide kaders verskerp.

Ons glo egter vas dat God ons daartoe in staat wil stel om Hom in veligheid en vrede te kan dien.

Die enigste wyse waarop ons van die toenemende institusionele rassistiese, kommunistiese onderdrukking van ons volk en die vernietiging van Suid-Afrika verlos kan word, is om beslaggewing te bewerkstellig van die Afrikanervolk se Volkeregtelike reg op selfbeskikking in ʼn eie volkstaat onder sy eie regering.

Daarvoor is dit nodig dat die Afrikanervolk en anderstalige Suid-Afrikaanse patriotte van Europese afkoms wat hul beywer vir die selfbeskikking van die Afrikanervolk, dringend konsolideer en aansluit as lede van die Afrikaner Selfbeskikking Party. Die party het al baie voorbereidingswerk in verband met die verkryging van ʼn volkstaat gedoen, maar die party het die volk dringend nodig om verder te vorder.

 Deur die getalle van ons lede kan ʼn bewysbare mandaat aan die party gegee word om indiwidueel, en saam met ander politieke organisasies wat dieselfde doelwit nastreef, namens die Afrikanervolk die nodige formele stappe ooreenkomstig die Volkereg te neem om die volkstaat-ideaal te verwesenlik. Tyd is op hierdie stadium uiters kosbaar. Die omstandighede waarin ons verkeer, versleg vinnig, soos ons almal kan sien.

Aansoeke om lidmaatskap kan op die party se webblad by www.afrsp.org.za gevind en ingedien word. Ons is verheug oor die groot getal persone wat reeds van hierdie fasiliteit gebruik gemaak het om aan te sluit sedert dit onlangs beskikbaar gestel is.

Aan elkeen wat in die jaar wat nou ten einde loop, sy of haar deel gedoen het om ons strewe na selfbeskikking te verwesenlik, hartlike dank. Dit was, en is, ʼn voorreg om saam met u die volksaak te dien. Aan die van u wat by ons gaan aansluit, by voorbaat welkom en hartlik dankie.

Ek bid dat God aan ons Sy genade betoon dat ons in staat sal wees om in hierdie komende twaalf maande die dinge gedoen te kry wat noodsaaklik is vir die bereiking van ons doelwit van selfbeskikking in ons eie volkstaat onder ons eie regering.

Adv Jurg Prinsloo SC
Adv Jurg Prinsloo SC Leier

New Year Message for 2021.

Issued by Adv. Jurg Prinsloo SC, Leader, Afrikaner Self-determination Party.

Pretoria.  31 December 2020.

Dear ladies and gentlemen,

  1. When we are not in our homes or offices today, we are not allowed to be in any public place unless we wear masks which cover our mouths and noses.
  2. We are not allowed to enter any public park unless access control already exists at that park.
  3. Then we may also not leave our homes between 21:00 and 06:00, unless it is regarded by the government as essential to be done.
  4. According to the government we may not hold or attend any political gathering with any other people.
  5. We may not attend any faith-based gathering such as attending a sermon together with other people, on this Sunday or next Sunday.

This scenario has become all too “usual” since 28 March 2020.

The government did not spend the hundreds of billions of rand which they received to battle the announced Covid 19 pandemic, appropriately. Instead of ensuring that appropriate medically based precautionary measures were taken with the money to normalize our lives, the government persist with the promulgation of regulations which curtail our movements, social interaction and ability to earn an income after gigantic amounts of aid were lost due to corruption.

In 2021 we cannot expect any improvement in the conditions under this government. As a matter of fact, the previously postponed expropriation of our property by the government for redistribution among dark-skinned people awaits us amongst other things in 2021. Terrorist murders of our people, and other crime perpetrated against us, continue unabated. At the same time the actions and pronouncements of the government clearly indicate that they are indifferent about it. Discrimination against us in the field of labour, based on the colour of our skins, is continuously increased by this government and its deployed cadres.

We however absolutely believe that God wants to enable us to serve Him in safety and peace.

The only way in which we can be liberated from the increasing institutional racist communist oppression of our people and the destruction of South Africa is to give effect to the Afrikaner people’s right to self-determination in terms of International Law in an own Afrikaner state under our own government.

For that purpose it is necessary for the Afrikaner people and other South African patriots of European descent who strive for the self-determination of the Afrikaner people to urgently consolidate and join the Afrikaner Self-determination Party as members. The party has already done a lot of preparation in respect of the attainment of an    Afrikaner state, but the party urgently needs the people to advance.

By means of the number of our members a provable mandate can be given to the party to individually, and with other organizations which strive for the same outcome, take the necessary formal steps in terms of International Law to fulfil the ideal of an Afrikaner state. Time is precious at this stage. The circumstances in which we find ourselves are deteriorating quickly, as we all can see.

Applications for membership can be found and submitted on the website of the party at www.afrsp.org.za. We are delighted about the large number of persons who have already made use of this facility to become members since it was made available.

To everyone who did his or her part to realize our ideal of self-determination, my sincere thanks. It was, and is, a privilege to serve the interest of our nation with you. To those of you who are going to join us as members, welcome and thank you in advance.

I pray that God will enable us by his mercy to do the things necessary to be done in the next  twelve months to realize our ideal of self-determination in our own state under our own government.