MEDIAVERKLARING: Afrikaner Selfbeskikking Party Pretoria 16 Februarie 2020

Onderwerp: Die EFF se set om hul gemeenskaplike kommunistiese agenda met die ANC te beskerm.

Op Donderdag 13 Februarie 2020 moes die kommunistiese ANC regime in die Suid-Afrikaanse parlement die fokuspunt gewees het as die vernietigers van die eens welgestelde, veilige en beskaafde land, Suid- Afrika.

Die toespraak van die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sou noodwendig bykomstige bewyse van hierdie feit bevat. Daardie feite dui weereens aan dat kommunisme, die mees onmenslike en vernietigende politieke ideologie op aarde, Suid-Afrika sedert 27 April 1994 ook byna totaal vernietig het.

Iets moes deur hulle en hul ideologiese bondgenoot, die EFF , gedoen word om die aandag van Ramaphosa se toespraak af te lei.

Daarom het die EFF die ou taktiek toegepas wat behels het dat hulle die aandag verskuif het na apartheid deur hierdie keer die oud-staatspresident, FW de Klerk, in sy gesig te beledig as ʼn onapologetiese voorstander van apartheid en apartheid as ʼn beweerde misdaad teen die mensdom. Soos hulle duidelik beplan het, het De Klerk deur middel van sy FW de Klerk Stigting gereageer deur te ontken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was. Hy het immers dekades lank entoesiasties apartheid, meer duidelik genaamd afsonderlike ontwikkeling, verkondig as die enigste lewensvatbare oplossing vir die multi-etniese samelewing van Suid-Afrika.

Dit het De Klerk natuurlik gedoen voordat hy onverwags en ondemokraties gesorg het dat die vier onafhanklike en ses selfregerende tuislande van die

donkervellige inheemse etniese groepe wat onder apartheid geskep en ondersteun is, vernietig word en die kommunistiese ANC in-gemanipuleer word in die regeringsposisie van ʼn onverdeelde Suid-Afrika wat gewelddadig gekonsolideer is tussen 2 Februarie 1990 en 27 April 1994.

Die EFF-set van die afgelope Donderdag was uiters eenvoudig en effektief.

Soos verwag, het organisasies soos die SA RK, COPE, en natuurlik die ANC en SA Kommunistiese Party daarna aggressief die FW de Klerk Stigting se reaksie veroordeel en op daardie wyse bygedra dat die aandag weg geneem word van Ramaphosa en die feite betreffende sy kommunistiese regime se vernietiging van Suid-Afrika.

Maar die ingeligte bevolking van Suid-Afrika kan nie meer geflous word deur hierdie tipe sette van die kommuniste nie. Beskaafde, hardwerkende, vryheidliewende mans en vroue sal nie ledig staan en boosheid laat seëvier in hierdie land nie.

Jurg Prinsloo SC.

Leier, Afrikaner Selfbeskikking Party.


1 thought on “MEDIAVERKLARING: Afrikaner Selfbeskikking Party Pretoria 16 Februarie 2020”

  1. Pingback: Media Verklaring Afrikaner Selfbeskikking Party, Pretoria, 22 Januarie 2020 - Afrikaner Selfbeskikking Party

Leave a Comment